KENNISGEWINGS

  Click here for Tender Documents for Fouriesburg Farm / Kliek hier vir Tender Dokumente vir Fouriesburg Plaas        

NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
NASIONALE PRYSREKORD VIR SYBOKHAARSKEERSEL

NASIONALE PRYSREKORD VIR SYBOKHAARSKEERSEL

geplaas op 16:41 (GMT+2) Wo., 18 Apr. 2018

Die vierde sybokhaarveiling van die huidige 2018 somer verkoopseisoen het op meer as een manier opskudding veroorsaak.

NASIONALE PRYSREKORD VIR SYBOKHAARSKEERSEL

Foto: Liezl en Bennie Conradie

Die vierde sybokhaarveiling van die huidige 2018 somer verkoopseisoen het op meer as een manier opskudding veroorsaak. Dit was ‘n uitstekende veiling gehou deur CMW in die Sybokhaar Beurs te Port Elizabeth op 17 April. Daar was ‘n 5% opwaartse tendens, maar geen individuele prysrekords per lot is opgestel nie, alhoewel die mark bitter naby daaraan gaan draai het.

 Bennie Conradie van CF Conradie Trust in die Murraysburg distrik het egter ‘n nasionale prysrekord opgestel! Dit teen ‘n gemiddelde prys vir ‘n volledige skeersel gelewer van R358.42/kg, wat ongekend is en die hoogste gemiddeld ooit!  Voordat so ‘n gemiddeld gekwoteer word (gewoonlik anoniem), word daar deeglik nagegaan of die skeesel  volledig is en alle tipes haar insluit om ten volle teenwoordigend te wees. Daarby moet die skeersel-massa ook ten minste groter as 500kg wees.

Bennie skryf die uitsonderlike sukses van die skeersel  toe aan  - merkwaardig genoeg  -  die droogte, wat die haar baie fyner gemaak het, ofskoon dit ook natuurlik veroorsaak dat veel ingeboet word aan massa! Die hele skeersel  deurloop  natuurlik ook die EGT- proses  waar elke dier vooraf getoets word vir fynheid  deur die CMW laboratorium (vesel-tak van OVK) in Port Elizabeth.

 Volgens Pierre van der Vyver, Bestuurder: Sybokhaar by OVK het hulle reeds groot verwagtinge gehad toe die toetsresultate beskikbaar word en deur hulle ontleed is om ‘n aanbeveling te maak aan Conradie. Die totale fynheid skeerselgemiddeld het te staan gekom op 25.51 mikron,’n peil wat op sigself nog nooit behaal is nie! Die feit dat hierdie droogte-skeersel  steeds kon voldoen aan goeie gehalte-standaarde het baie te make met die feit dat ‘n Anogorabok oorspronklik ‘n woestyndier was en daardie kwaliteite steeds in die gene is. Die Angorabok staan ook bekend as die dier  wat die beste omset het ten opsigte van kos ingeneem teen vesel geproduseer.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Video
OVK Video
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Kalender

Kalender
Kalender
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Junie 2018
OVK Nuus Junie 2018
Adverteer Hier Lees Meer