NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
Landbou kan Suid Afrika uit sy werkloosheid-krisis lig

Landbou kan Suid Afrika uit sy werkloosheid-krisis lig

geplaas op Wo., 31 Jul. 2019

Mediaverklaring: Agri SA is bekommerd oor die stygende werkloosheidskoers en wil die regering daarop attent maak dat beleggersvertroue veral in landbou broodnodig is om werkskepping aan die gang te kry.

Landbou kan Suid Afrika uit sy werkloosheid-krisis lig

Agri SA is bekommerd oor die stygende werkloosheidskoers en wil die regering daarop attent maak dat beleggersvertroue veral in landbou broodnodig is om werkskepping aan die gang te kry. Die styging van die Suid-Afrikaanse werkloosheidsvlakke tot ‘n rekordvlak van 29% wys dat ‘n georganiseerde en gefokusde strategie deur alle Suid-Afrikaners nou nodig is. Landbou se arbeidsvlakke het relatief stabiel teenoor ander sektore gebly deurdat net 1000 werke in die slag gebly het sedert die eerste kwartaal.

“Die syfers wys landbou kan die lig aan die einde van Suid Afrika se werkloosheid-tonnel wees,” sê Jahni de Villiers, beleidshoof van Agri SA se Arbeid en Ontwikkeling Sentrum van Uitnemendheid. “Beleidsonsekerheid, soos onteiening sonder vergoeding, en swak ekonomiese groei staan in die pad van ware werkskepping in die landbousektor.”. 

 

Agri SA is betrokke by verskeie amptelike besprekingsfora oor arbeid-beleid, soos byvoorbeeld Nedlac en die Nasionale Minimumloon Kommissie, en sal aanhou om die prioriteit van volhoubare werkskepping in landbou te verkondig. Ander beperkings soos droogte en plaasveiligheid kort natuurlik ook aandag om die huidige uitdagende sake-omgewing vir boere te verbeter.

“Landbou kan ’n groot hou teen werkloosheid slaan, maar boere en landbou-besighede kort dringend die beleidsekerheid en ondersteuning om so te maak.”

Agri SA bly verbind tot ’n landbousektor wat volhoubaar groei en sal verder deur sy strukture op grondvlak konsulteer om groter krag tot sy beleidsamesprekings te gee.

Uitgereik deur:

Agri SA Arbeid en Ontwikkeling Sentrum van Uitnemendheid

Navrae:

Jahni de Villiers

Agri SA Hoof: Arbeid en Ontwikkeling

(S) 071 603 3804

(E) jahni@agrisa.co.za

 

Christo van der Rheede

Agri SA: Adjunk-uitvoerende Direkteur

(S) 083 380 3492


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Video
OVK Video
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Kalender

Kalender
Kalender
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Junie 2019
OVK Nuus Junie 2019
Adverteer Hier Lees Meer