NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CV30_2020

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CV30_2020

geplaas op Wo., 24 Jun. 2020

Ten spyte van ‘n verswakking in die Australiese mark, het die SA wolmark hierdie week sywaarts verhandel / In spite of a decrease in the Australian market, the SA wool market this week traded sideways.

MARKANALISE

Die 30ste wolveiling van die 2019/20 seisoen het hierdie week op 24 Junie plaasgevind en die Cape Wools aanwyser het met 0.1% gestyg teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R142.50/kg gesluit. Die Australiese EMI het egter met 2.6% verswak. Die Rand het met 0.9% swakker verhandel teen die VSA Dollar en 1.2% swakker teen die Euro, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling. Goeie kwaliteit medium lengte Merinowol het hierdie week goed vertoon en het veral gesorg vir goeie mededinging onder kopershuise en hierdie tipes het dan ook beter presteer as die gemiddeld en die mark tot positiewe vlakke laat beweeg. Die grootste styging van 3.6% was in die 22 mikron segment. Standard Wool SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Modiano, Lempriere SA en Stucken. Daar is in totaal 6 707 bale aangebied, waarvan 93.2% verkoop is. Op die OVK veiling is 1 640 bale aangebied waarvan 93.7% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling van R151.80/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot BFY van 16.1 mikron, uit die skeersel van BG Viljoen van Swellendam. Die koper was Standard Wool. Baie geluk met die prestasie!

VOORUITSIGTE

Ten spyte van ‘n verswakking in die Australiese mark, het die SA wolmark hierdie week sywaarts verhandel vergeleke die vorige week. Die effense verswakking van die Rand het egter gehelp. Wol ontvang in die makelaars se store is 14.08% meer as die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen. Dit is inderdaad positiewe nuus vir die bedryf, met die seisoen se ontvangstes wat reeds gesluit het. Vandeesweek se veiling het weereens getoon dat volhoubaar gesertifiseerde wol steeds goeie aandag onder kopers geniet het. Produsente kan dus gerus kennis neem daarvan. Skakel met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses.

Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 1 Julie 2020. Hierdie verslag deur Heinrich Victor, Bestuurder Spesiale Dienste Vesel – OVK.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.


MARKET ANALYSES

The 30th wool auction of the 2019/20 season took place this week on 24 June and the Cape Wools Merino indicator traded 0.1% higher and closed at a clean price of R142.50/kg. The Australian EMI decreased by 2.6% though. The Rand traded 0.9% weaker against the US Dollar and 1.2% weaker to the Euro, compared to the rate of previous sale. Good quality medium length Merino wool performed well this week and resulted in good competition amongst buyers and these types also performed better than the average and forced the market to positive levels. The largest increase this week of 3.6% was in the 22 micron segment. Standard Wool was the major buyer on the auction this week, followed by Modiano, Lempriere SA and Stucken. A total of 6 707 bales were on offer, of which 93.2% was sold. On the OVK auction 1 640 bales were offered of which 93.7% was sold. The highest price on the OVK auction, of R151.80/kg was achieved for a 1 bale lot BFY of 16.1 microns from the clip of BG Viljoen from Swellendam. The buyer was Standard Wool. Congratulations on the achievement!

FORECAST

In spite of a decrease in the Australian market, the SA wool market this week traded sideways, compared to the previous week. The slight weakening of the Rand helped though. The receival of wool in the brokers’ stores increased by 14.08% compared to the same time of the previous season. This is indeed positive news for the industry, with the season’s receivals already closed. This week’s auction showed that sustainable certified wool still enjoyed good attention amongst buyers. Producers have to take note of that and we invite farmers to contact OVK for assistance in the certification process.

The next auction is scheduled for 1 July 2020. This report by Heinrich Victor, Manager Special Services Fibre – OVK

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer