SYBOKHAARMARKVERSLAG /  MOHAIR MARKET REPORT S04(1)_2020

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT S04(1)_2020

geplaas op 18:23 (GMT+2) Di., 19 Mei 2020

Daar is ‘n duidelike aanvraag na die fyner (31 mikron en fyner) tipes / There is a definite demand for the finer microns (31 micron and finer).

MARKANALISE

Die eerste rondte van die vierde sybokhaarveiling van die 2020 somerseisoen het ten spyte van al die vrese oor die Corona virus na die inperkingsperiode goed verloop. Daar was goeie kompetisie plaaslike verwerkers op al die tipes. Vergeleke die vorige veiling het kleinbokkies tussen 1 en 3.5% gedaal, jongbokke is 4.5% laer en grootbokke 5.5% laer. Die beste prys van die dag het gegaan aan WA Nel van Fort Beaufort teen R560.00/kg vir ‘n baaltjie somer kleinbokkiehaar! Hierdie baal bo gemiddelde styl haar het 22.9 mikron getoets met ‘n skoonopbrengs van 92.3%.

Vandag se veilingsanalise is as volg:     Kleinbokkiehaar daal met3.5% met `n markaanwyser van R426.25/kg  en 100%  is verkoop;  jongbokhaar daal met 4.5% met `n markaanwyser van R272.55/kg en `n verkoopspersentasie van 100%. Grootbokhaar daal met 5.5% met `n markaanwyser van R180.25/kg en 100% verkoop. Dit het die totale verkope op 100% te staan gebring met `n markaanwyser van R247.12/kg wat4.6% laer is. 

MARKVOORUITSIGTE

Daar was weer ‘n duidelike  aanvraag na die fyner (31 mikron en fyner) tipes. Spesiale aandag moet in die klasseringsproses van die skeersel geskenk word aan die verdeling tussen fynhede. Dit is die ideale geleentheid vir die bogemiddelde boer om die EGT-proses tot sy voordeel aan te wend. Die prysvlakke behoort dieselfde te wees vir die res van die vierde veiling as die ekonomiese toestande nie verder versleg as gevolg van die Corona virus wat wêreldwyd amok maak nie. Die volgende veiling word op 2 Junie 2020 in Port Elizabeth aangebied.

 

MARKET ANALYSIS

The first round of the fourth mohair sale of the 2020 summer selling season had a good run in spite of the Corona virus concerns. There was good competition from the local processors on all types. Compared to the previous sale, kids sold between 1 to 3.5% lower, young goats down by 4.5% and adults down by 5.5%. The best price of the day went to WA Nel of Fort Beaufort at R560.00/kg! This good style summer kid bale tested 22.9 micron with a clean yield of 92.3%.

Today's sales analysis is as follows: The price of kids decreased by3.5% with a market indicator of R426.25/kg and a 100% sale clearance; young goat hair decreased by 4.5% with a market indicator of R272.55/kg and a sale clearance of 100%. Adult mohair decreased by 5.5% with a market indicator of R180.25/kg and 100% sold. This brought the overall sale clearance to 100% and the overall market indicator to R247.12/kg which is 4.6 % lower.

MARKET OUTLOOK

There is a definite demand for the finer microns (31micron and finer) types and special care must be taken to separate the finer microns from the stronger ones. This makes EGT a logical choice for the better than average farmer. The market should remain the same for the second round of the fourth sale if the global economic circumstances do not worsen due to the current Corona hype. This sale will be offered on 2 June 2020 in Port Elizabeth. 

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende