Algemene Kennisgewings & Kompetisie Reëls

Lees Meer Oor Ons Algemene Kennisgewings & Kompetisie Reëls

Bepalings en voorwaardes:
1.
Ten einde in te skryf vir die kompetisie, moet deelnemers ‘n foto of video (van maksimum 10 sekondes) van sy/haar hond aan OVK se Facebook Messenger, [email protected] of op Whatsapp by 082 537 7298 stuur tesame met die hond se naam,  deelnemer se naam, van, kontakbesonderhede (telefoonnommer en e-pos adres) asook die dorp waarvan jy afkomstig is.

2.
Slegs foto’s van hond(e), hond(e) saam eienaar, hond(e) saam ander persoon, ens. mag ingestuur word. Geen ander diere sal oorweeg word nie.

3.
Die kompetisie begin op 1 April 2021 en eindig op 23 April 2021.

4.
Op 7, 14 en 21 April 2021 word die beste foto’s en/of video’s op OVK se Facebook- en Instagramblad gepubliseer word. OVK sal in sy uitsluitlike diskresie besluit welke foto’s of video’s gepubliseer word.

5.
Die wenners sal op 30 April 2021 aangekondig word en sal intern deur OVK beslis word.

6.
Die wenners sal op OVK se Facebookblad aangekondig word.

7.
Die pryse sluit in: ***Hondebandjies vir die eerste 20 inskrywings (met OVK en Montego se logo op); ***3x Hampers ter waarde van +- R1 500.00 wat die volgende bevat: 1x Classic Adult 20kg, 10x Megachews, 4x Squishies 500g, 8x Munchies 350g, 6x Classic Adult Wetfood 785g;

8.
Die wenner sal telefonies of via e-pos gekontak word waarna die pryse na die OVK handelstak, naaste aan die wenner, gestuur sal word. Die wenner moet op eie koste die pryse afhaal.

9.
Inskrywings wat onvolledig voltooi is, sal nie in aanmerking kom vir die prys nie.

10.
Dit is die deelnemer se verantwoordelikheid om te verseker dat enige inligting verskaf, volledig en akkuraat is.

11.
Deelnemers aan die kompetisie stem toe dat die inligting welke deur hom/haar verskaf word geprosesseer en verwerk mag word ten einde OVK in staat te stel om uitvoering te gee aan die bepalings van die kompetisie.

12.
Deur in te skryf stem jy in dat OVK foto’s van jou mag publiseer tesame met jou naam en van, vir reklame doeleindes en die kontakbesonderhede,  gebruik mag word om jou te kontak. Dit sluit in publikasie van die inligting en foto op sosiale media asook OVK se webtuiste. Die deelnemer stem ook toe dat verdere foto’s van hom/haar geneem kan word sou hy/sy wen vir dieselfde doeleindes.

13.
Sou die wenner aandui dat hy/sy nie die prys kan/ wil aanvaar nie, sal die wenner die prys verbeur en sal daar weer 'n trekking gemaak word totdat 'n kwalifiserende wenner gevind word.

14.
Kompetisie is slegs oop vir persone van 18 jaar en ouer en is net geldig binne die Republiek van Suid-Afrika.

15.
Die prystrekking sal deur OVK te die hoofkantoor behartig word, OVK se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal aanvaar word nie.

16.
Die prys is nie oordraagbaar, verhandelbaar of omruilbaar vir kontant of enige ander produk nie. Indien die prys nie binne 30 (dertig) dae nadat dit gewen is, en die wenner in kennis gestel is, opgeëis word nie, sal dit binne die diskresie van OVK hanteer word.

17.
Wenners benut die prys op hul eie risiko. OVK sal nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies, skade, persoonlike beserings of dood wat mag spruit uit enige nalatigheid en/of opsetlike optrede met die aanvaarding of gebruik van die prys nie.

18.
OVK en Montego se direkteure, personeel, agente en konsultante mag nie aan die kompetisie deelneem nie. Gevolglik mag sodanige persone se gades, lewensmaats, besigheidsvennote en onmiddellike familie ook nie deelneem nie.

19.
Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, is 'n deelnemer verbind en aanvaar hy/sy die bepaling en voorwaardes.

20.
OVK behou die reg voor om ter enige tyd die kompetisie te kanselleer, te wysig of uit te stel in sy uitsluitlike diskresie.




Nuuste nuus en gebeure/Latest news and events


Nuuste nuus en gebeure/Latest news and events

Lees Meer

Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer