Bokhaar

Lees Meer oor PRODUKTE EN DIENSTE
Bokhaar

Bokhaar

Bokhaar PRYSE

Verkoops Datum
2024-04-16
Algemene Indikator
401,17
Verandering op laaste verkope
-1,00 %

Bokhaar - Internasionale rolspeler.

Cape Mohair & Wool (OVK), as deel van die OVK groep van maatskappye, is nie alleenlik die markleier by die hantering- en bemarking van rou bokhaar in Suid-Afrika nie, maar ook in die wêreld! Huidiglik gaan plus minus 50% van wêreldproduksie deur die deure van OVK se hanteringsfasiliteit en pakhuise. Dit bevestig die titel van die tweede grootste bokhaarmakelary ter wêreld!

Hierdie leiersposissie beklee OVK al vir geruime hoeveelheid jare en wend die maatskappy hierdie unieke bemarkingskennis en ondervinding aan tot voordeel van sy produsentelede. Soortgelyke kliëntverhoudings is opgebou met betroubare internasionale kopershuise en verwerkers. Ook hierdie goeie verhouding lei tot voordeel van die produsent.

Die hantering en bemarking van die produsent se rou bokhaar bly OVK se kern besigheid. Dit bly egter ook ons verantwoordelikheid om baie nou saam te werk met die betrokke produsentgedrewe bedryfsstrukture en –organisasies om saam te verseker dat die bedryf sal bly groei en winsgewend kan word in Suidelike Afrika.

Om te verseker dat OVK as leier op sy gebied bly, moet ‘n makelaar innoverend en vernuwend wees en daarom is OVK verantwoordelik vir ‘n klomp “eerstes” in die bokhaarbedryf. OVKwas die eerste en steeds die enigste makelaar wat op elke skeersel die produsent voorsien van ‘n volledige elektroniese skeerselontleding. Die ontwikkeling en verfyning van die EGT - proses (“Every Goat Tested”)  om die klasserings proses te optimaliseer. Die markleier in vernuwende, elektroniese kommunikasie met alle kliënte. OVK is die verskaffer van die grootste skeerdiens van sy soort in Suidelike Afrika vir Angorabokke. Die enigste makelaar met sy eie geregistreerde gehalte handelsmerk, naamlik PURECAPE, as deel van waardetoevoeging op saamverpakte lotte. Dit is slegs ‘n gedeelte van unieke OVK kenmerke. Geen wonder dat alle rekordpryse (ingesluit wêreldrekords), op alle tipes, vanuit die OVKstal van produsente afkomstig is.  

OVK se ondervinding en volledige ondersteuningsdiens verseker die boer van ‘n gestroomlynde boerderybesigheid – meer produktief, meer winsgewend, meer onderhoudend – saam met OVK se gesogte bokhaarprestasie-erfenis, pak ons saam die toekoms aan!


  Laai af:

-  Skeerseladvies - OVK_2020.pdf


Verwante Dienste

Technical Service
OVK se grondvlak verteenwoordiging in die veld is sodanig versprei om al die belangrike veeboerdery streke in Suid-Afrika te bedien. Dit vorm die kruks ...
Lees Meer oor Tegniese Velddienste
Technical Service
OVK het homself gevestig as leier op die gebied as dit kom by die toetsing van sybokhaar- en wolvagte in die hele Suidelike Afrika. OVK se vagtoets-laboratorium ...
Lees Meer oor Vag Toetse
Technical Service
Die werwing van wol en sybokhaar word gerugsteun deur landswye, professionele Tegniese Velddienste wat n enorme bydrae lewer tot die genetiese verbetering ...
Lees Meer oor Skeerdienste

Dokumente