Skeerdienste

Lees Meer oor PRODUKTE EN DIENSTE
Skeerdienste

Skeerdienste

Die werwing van wol en sybokhaar word gerugsteun deur landswye, professionele Tegniese Velddienste wat ’n enorme bydrae lewer tot die genetiese verbetering van wolskape en angora-bokke, asook die kommersiële prestasie van wol, sybokhaar en vleis-produksie.

Skeerdienste ook deur hierdie afdeling gekoördineer, deur gehalte skeerders (handspanne of masjienspanne) vir skape en sybokke beskikbaar te stel. Tans het OVK tussen 800 – 1000 skeerders in diens wat rondom 3,4 miljoen KVE per jaar skeer. ’n Opleidings program vir aspirant skeerders word ook bygehou. Uniek aan die OVK skeerdiens is die implementering van die “karretjie spanne” waar slegs 2 skeerders per karretjie opereer. Dit maak die skeerders makliker hanteerbaar en meer koste-effektief vir skeervloere van  kleiner as 600 KVE.

Die klientefinansieringsafdeling van OVK in Port Elizabeth kan aan goedgekeurde produsente ‘n voorskot teen vesel-lenings toestaan.