Vag Toetse

Lees Meer oor PRODUKTE EN DIENSTE
Vag Toetse

Vag Toetse

OVK het homself gevestig as leier op die gebied as dit kom by die toetsing van sybokhaar- en wolvagte in die hele Suidelike Afrika. OVK se vagtoets-laboratorium is in 2002 gevestig met behulp van die OFDA 2000 tegnologie en is een van slegs twee diesulke gelisensieerde instansies in Suid-Afrika. Die woord OFDA staan vir “Optical Fibre Diameter Analysis”. Ofskoon hierdie tegnologie, wat wol betref, alreeds gevestig is  in ‘n land soos Australië, is die tegnologie splinternuut vir sybokhaar. Vir OVK het Klaas Kritzinger en die LOI Grootfontein in Middelburg,  Dr Greta Snyman, baanbrekerswerk verrig ten einde die tegnologie in werking te stel vir sybokhaar en tans word die laboratorium beskou as wêreldleier op die gebied.

Die tegnologie is by uitstek geskik vir sybokhaar waar groot prysverskille tussen mikrons die norm is. Die voordeel van akkuraat getoetste vagte vir fynheid speel dus ‘n kritieke rol vanweë die groot prysverskille  in die mark tussen verskillende fynhede. ‘n Verdere voordeel is dat dit help om ‘n lot of baal so egalig moontlik te kry. Alle sybokhaarskeersels wat rekordpryse behaal, pas die tegnologie toe en daar is geen twyfel oor die finansiële voordele daaraan verbonde nie. Die toets van ramme vir die vestiging van ‘n teelbeleid speel ook ‘n belangrike rol in die aanvraag na hierdie diens.

Besonderhede van die stelsel en die metodiek is op aanvraag beskikbaar by Luané Stapelberg vir sybokhaar en Karen Daniel vir wol by 041- 406 7500.