WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CV16_2020

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CV16_2020

geplaas op 09:21 (GMT+2) Vr., 24 Jan. 2020

Hierdie week het die SA wolmark effens teruggesak / This week saw the SA wool market trading a little weaker

MARKANALISE

Die 16de wolveiling van die 2019/20 seisoen hierdie week plaasgevind en die Cape Wools aanwyser het met 1.1% en 199 punte laer verhandel en teen 'n skoonprys van R175.44/kg gesluit. Die Australiese EMI het met 2.1% gedaal. Die Rand het hierdie week 0.3% sterker verhandel teen die VSA Doller en 0.9% sterker teen die Euro, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling. Goeie kwaliteit en medium lengte tipes wol het relatief goed presteer en die grootste persentasie van die aanbieding uitgemaak, terwyl ‘n beperkte hoeveelheid sterker wol aangebied is. Volhoubaarheid gesertifiseerde wol het weereens goeie aandag geniet en goed presteer. Die grootste daling hierdie week van 3.5%, was in die 21.5 mikron segment. Modiano het hierdie week die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Standard Wool, Lempriere SA, en Tianyu SA.

Daar is in totaal 11,570 bale aangebied, waarvan 96.5% verkoop is. Op die OVK veiling is 1,867 bale aangebied waarvan 97.7% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling van R142.10/kg is behaal vir ‘n 1 baal lot BH van 16.6 mikron, uit die skeersel van KS Van Deemter van Uitenhage. Die koper was Lempriere SA. Baie geluk met die prestasie!

MARKVOORUITSIGTE

Hierdie week het die SA wolmark effens teruggesak, in vergelyking met die vorige veiling. Die effens sterker Rand was ‘n bydraende faktor, maar die plaaslike mark het steeds ietwat beter presteer as Australië. Die volume wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is weliswaar 1.5% hoër as die ooreenstemmende week van die vorige seisoen en akkumulatief steeds 0.2% laer. Ons hoop dat dit die draaipunt is van die afname in wolproduksie van die afgelope twee seisoene. Verdere berigte van goeie reënneerslae in sekere produksiegebiede, soos in die sentrale Karoo is ontvang, wat welkome verligting bring. OVK nooi egter steeds produsente uit om ons te skakel indien enige voorskotte op vesel gelewer, asook finansiering verlang word. Skakel gerus ons veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Besoek ook gerus die OVK webtuiste vir besonderhede. OVK is verbind daartoe om sy produsente by te staan na die beste van ons vermoë in goeie sowel as moeilike tye.

Bio-sekuriteit is ‘n gonswoord wat op almal se lippe is in die lig van die huidige omstandighede rakende bek-en klouseer en die beperkingsvoorwaardes wat dit op die beweging van vee het. Dit is noodsaaklik dat produsente kennis moet dra van die kliniese werking van die virus asook die gepaardgaande risikos. Indien die siekte nie korrek bestuur word nie, sal dit tot enorme ekonomiese verliese lei, selfs op die lang termyn. Daar is ook nog nie duidelikheid oor wat die moontlike gevolge van die uitbraak van die Coronavirus, in die Wuhan provinsie in China en wat reeds 18 lewens ge-eis het, op die wolmark kan hê nie. Geen direkte invloed op hierdie week se veilingspryse kon egter nog bevestig word nie. Karooverlamming is ‘n verdere toestand wat hewige vrektes en gevolglike ekonomiese verliese tot gevolg kan hê. In gebiede waar die karooverlammingsbosluis wel voorkom, moet voorsorg vroegtydig getref word teen besmetting van hierdie parasiet. Behandel diere voorkomend en poog om, indien moontlik, weidingstelsels so aan te pas dat moontlike besmette kampe vermy word in die aktiewe periode wat strek van Februarie tot Mei. Diere wat reeds simptome van lamheid toon, moet baie versigtig hanteer word en nie onnodig aangejaag word nie. Dit kan tot akute vrektes lei. Sodanige diere moet op die plek behandel word, deur die aanwend van ‘n dipmiddel of om die parasiete fisies te verwyder. Geaffekteerde diere sal dan spoedig herstel. Maak seker dat diere wat van vreemde areas ingebring word, skoon is van moontlike parasietbesmetting en dat die dieregesondheidstatus bekend is, ten einde te voorkom dat “aangekoopte” besmetting van weerstandige parasiete of siektes eiendom kan benadeel. Ken dus die algemene “vyande” wat voorkom in gebiede waaruit vee aangekoop word. Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 30 Januarie 2020 waar sowat 6,047 bale aangebied sal word. Hierdie verslag deur Heinrich Victor, Bestuurder Veselbedryf – OVK

 

MARKET ANALYSES

The 16th wool auction of the 2019/20 season took place this week and the Cape Wools Merino indicator traded by 1.1% and 199 points lower and closed at a clean price of R175.44/kg. The Australian EMI decreased by 2.1%. The Rand traded 0.3% stronger against the US Dollar this week and 0.9% stronger against the Euro, compared to the previous sale. The offer consisted mostly of good quality and medium lengths wool types attracted satisfactory interest amongst buyers, while stronger types were limited in quantity. Sustainable certified lots enjoyed good attention and performed well. The largest decrease this week of 3.5% was in the 21.5micron segment. Modiano was the major buyer on the auction this week, followed by Standard Wool, Lempriere SA and Tianyu SA.

A total of 11,570 bales were on offer, of which 96.5% was sold. On the OVK auction 1,867 bales were offered of which 97.7% was sold. The highest price of R142.10/kg was achieved for a 1 bale lot BH of 16.6 microns, from the clip of KS Van Deemter from Uitenhage. The buyer was Lempriere SA. Congratulations on the achievement!    

MARKET FORECAST

This week saw the SA wool market trading a little weaker, compared to the previous auction. This somewhat stronger Rand was a contributing factor, although the local market still out performed Australia. The volumes of wool received in the stores of the brokers this week, are nearly 1.5% higher compared to the same week of the previous season and accumulatively still 0.2% lower. We hope that this might be the turning point in the decrease in wool production the past two seasons. Good rain showers were reported in certain areas such as in the central Karoo, which will bring welcome relieve. OVK still want to invite our producers though to contact us if any advances on fibre delivered or financing is needed. Please call our fibre office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. The OVK website can also be visited for more details. OVK is committed to assist our producers in good as well as difficult times, to the best of our ability.

Bio-security is the buzzword on everybody’s lips in the light of the current circumstances regarding Foot and Mouth disease and the limitating conditions on the movement of livestock. It is necessary for producers to have knowledge of the clinical presentation of the virus and the associated risks. If the disease is not managed properly, it will result in enormous economic losses, even in the long term. It is also not clear what the possible results of the outbreak of the Corona virus in the Wuhan province in China, which have already claimed 18 lives, could have on the wool market. No direct influence on the auction prices this week could yet be confirmed. Karoo paralyses is a further condition which could cause severe deaths and result in economic losses. In areas where karoo paralyses ticks occur, precaution must be taken in advance against contamination by this parasite. Treat animals prophylactically and attempt to, if possible, to manage grazing systems in order to avoid contaminated camps during the active period from February to May. Animals which already present symptoms of lameness, should be treated very carefully and not be driven unnecessarily. That could lead to acute deaths. Such animals should be treated on the spot, by the application of a dip or the physical removal of the parasites.  Ensure that animals, brought from unfamiliar areas, are clean from parasite contamination and that the animal health status is known, in order to prevent resistant parasites and diseases are not brought onto disease free farms. That could cause enormous negative economic results. The next wool auction is scheduled for 30 January 2020 where 6,047 bales will be on offer. This report by Heinrich Victor, Manager Fibre Operations – OVK.                                                                                                      

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende