Wol

Lees Meer oor PRODUKTE EN DIENSTE
Wol

Wol

Wol PRYSE

Verkoops Datum
2024-04-10
RWS
Nie RWS
Algemene Indikator
147,35
165,25
Verandering op laaste verkope
-1,2 %
-0,9 %

Wol  - Internasionale rolspeler.

Die OVK Wolafdeling word wyd erken as 'n vernuwende bemarkingspan wat internasionaal kompeterende pryse beding. OVK Wolbemarkers kombineer op kundige wyse hul jarelange ervaring en die moderne tegnologie tot 'n wenkombinasie in diens van ons lojale wolprodusente.

 Dit is ons strewe by OVK Wolbemarkers om boere se voorkeur diensverskaffer te wees vir hul wolbemarking,asook die voorbereiding en versending daarvan. Ons wol word op die hoogaangeskrewe internasionale AWEX-ID (die Australiese Wolbeurs ID) gewaardeer, dus is ons standaarde vergelykbaar met die beste in die wereld. Die nougesette wyse waarop ons wol vir veilings voorberei word, waarborg vir produsente dat hul wol tot die maksimum globale mark-waarde sal presteer - of dit selfs sal oorskry.

By OVK akkommodeer ons wol van alle gehaltes en alle hoeveelhede en daag ons onsself uit om waarde toe te voeg, hetsy deur ons Saamverpakkings-afdeling of deur die vesel te hersorteer ten einde die waarde daarvan te verbeter.  Ons wol word hoofsaaklik onder die hamer verkoop op 'n vooraf bepaalde skedule van die Suid-Afrikaanse Wol en Sybokhaar Beurs. 

OVK geniet erkenning as die tweede grootste wol-makelaar in Suid-Afrika en behaal op konstante wyse groei in mark-aandeel.


  Laai af :

Skeerseladvies.pdf


  Laai af wol veiling datums:

WolDatums.pdf


Verwante Dienste

Technical Service
OVK se grondvlak verteenwoordiging in die veld is sodanig versprei om al die belangrike veeboerdery streke in Suid-Afrika te bedien. Dit vorm die kruks ...
Lees Meer oor Tegniese Velddienste
Technical Service
OVK het homself gevestig as leier op die gebied as dit kom by die toetsing van sybokhaar- en wolvagte in die hele Suidelike Afrika. OVK se vagtoets-laboratorium ...
Lees Meer oor Vag Toetse
Technical Service
Die werwing van wol en sybokhaar word gerugsteun deur landswye, professionele Tegniese Velddienste wat n enorme bydrae lewer tot die genetiese verbetering ...
Lees Meer oor Skeerdienste

Dokumente