Tegniese Velddienste

Lees Meer oor PRODUKTE EN DIENSTE
Tegniese Velddienste

Tegniese Velddienste

OVK se grondvlak verteenwoordiging in die veld is sodanig versprei om al die belangrike veeboerdery streke in Suid-Afrika te bedien. Dit vorm die kruks van die maatskappy se onge-ewenaarde infrastruktuur ten einde die beste ondersteunings-dienste aan veeboere te kan voorsien.

OVK het 'n totaal van 90 tegniese veld-beamptes  en lewendehawe verteenwoordigers regoor die land in diens.  Hulle voorsien 'n verskeidenheid dienste om aan al die behoeftes van OVK se kliente te voldoen. Dit behels algemene produksie-advies, stoetdienste (ram aankope), kudde-klassering, skeerhok besoeke, skeersel voorbereiding en akkreditasie, asook die ko-ordinasie van vervoer en die verspreiding van relevante mark inligting. Hul omvangryke kennis van boerdery-sake, jare se gespesialiseerde ondervinding in hul veld van vakkennis en, les bes, hul algemene bedrewenheid is tot u beskikking. Maak gebruik daarvan tot u voordeel ..soos talle veeboere van kan getuig!