SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W10 - 2022

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W10 - 2022

geplaas op 11:57 (GMT+2) Wo., 17 Aug. 2022

Die eerste sybokhaar veiling van die Winterseisoen 2022 het op 'n hoë afgeskop!

MARKANALISE

Die eerste veiling van die 2022 Winterseisoen het vandag 16 Augustus te Port Elizabeth plaasgevind, met 90 830 kg op aanbod waarvan 93% verkoop is. Die aanbod het bestaan uit gemengde kwaliteit sybokhaar. Dit was moeilik om  te kwoteer as gevolg van die groot verskil in variasie en die samestelling van die aanbod van een seisoen na ‘n ander. Mededinging tussen kopershuise was goed met RMS-gesertifiseerde sybokhaar wat die mees gesogte op die dag was. Die gemiddelde markaanwyser het op R374.84/kg gesluit, wat 7% minder as die laaste veiling van die somerseisoen was. Dit is as gevolg van hoer inflasie in Europa en ekonomiese onstabiliteit in Asië, weens laer as verwagte ekonomiese groei. Kleinbokkies en jongbokke daal met 9%, fyn grootbokhaar daal met 7% en sterk grootbokhaar daal met 2%. OVK bins het die seisoen weereens goed afgeskop! Hoogste bin prys en veilings prys van R727.50/kg was betaal vir ‘n baal BSFFK van 25 mikron, produsente in daardie lot was Kroomkrantz Bdy en JVW Olivier. Die twee hoogste produsente bale op die veiling vir die dag was twee OVK produsente. PK Steynberg van Graaff-Reinet met ‘n baal BFFK van 23.4 mikron was vir R709.50/kg verkoop en F&M Boerdery van Willowmore met ‘n baal BSFFK van 24.9 mikron was verkoop vir R708.50/kg die koper was Stucken Co.  OVK is baie trots op sy produsente met hulle prestasies en ons waardeer hulle ondersteuning. SAAM BEREIK ONS MEER!

MARKVOORUITSIGTE

Die tweede veiling van die 2022 Winterseisoen vind plaas op 6 September 2022. Saad besmette bokhaar is steeds onder druk en sekere segmente van die bokhaar sal onderdruk wees as gevolg van Europa se hoër inflasie en ekonomiese onstabiliteit. So berig Gerrit van Heerden, Sybokhaarbestuurder. 082 854 8604.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings.  Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 32 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

 

MARKET ANALYSIS

The first auction of the 2022 Winter season took place today 16 August in Port Elizabeth, with 90,830 kg on offer of which 93% was sold. The offer consisted of mixed quality mohair. It was difficult to quote due to the large difference in variation and composition of the offer from one season to another. Competition between buyers’ houses was good, with RMS certified mohair being the most sought after on the day. The average market indicator closed at R374.84/kg, which was 7% less than the last auction of the summer season. This is due to higher inflation in Europe and economic instability in Asia, due to lower-than-expected economic growth. Kid mohair and young goats decreased by 9%, fine adult mohair decreased by 7% and strong adult mohair decreased by 2%. OVK bins started the season well once again! Highest bin price and auction price of R727.50/kg was paid for a bale of BSFFK of 25 microns, producers in that lot were Kroomkrantz Bdy and JVW Olivier. The two highest producer bales at the auction for the day were two OVK producers. PK Steynberg from Graaff-Reinet with a bale of BFFK of 23.4 microns was sold for R709.50/kg and F&M Boerdery from Willowmore with a bale of BSFFK of 24.9 microns was sold for R708.50/kg the buyer was Stucken Co. OVK is very proud of its producers with their achievements and we appreciate their support. TOGETHER WE ACHIVE MORE.

MARKET OUTLOOK

The second auction of the 2022 Winter season will take place on 6 September 2022. Seed infected mohair is still under pressure and certain segments of the mohair will be under pressure due to Europe's higher inflation and economic instability. So, reports Gerrit van Heerden, Mohair manager. 082 854 8604.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 32 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende