CMW

LEES MEER OOR ONS PRODUKTE EN DIENSTE
CMW

CMW

OVK se Veselafdeling is die grootste hanteerder van sybokhaar in die wêreld en die tweede grootste wolmakelaar in Suid-Afrika. Cape Merino asook Premium Pure Cape (PPC) is CMW se gehalte handelsmerke waarmee gepoog word, nie net om premie-pryse vir produsente te verdien nie, maar om die aanbod van gehalte-wol aan te moedig.  Hierdie handelsmerke dien as waarborg dat wol en sybokhaar geproduseer word in ’n spesifieke omgewing – en onder dier-vriendelike toestande.


CMW se hanterings-fasiliteite van wêreld-gehalte in Port Elizabeth spog met moderne masjinerie soos die die nuwe aflaai-fasiliteit vir vragmotors en die nuwe Hoë Digtheidspers vir verskeping.  Die wol en sybokhaar hanterings-fasiliteite beslaan ’n vloer-oppervlakte van meer as 8 hektaar.

WOL & BOKHAAR


OVK Vesel behartig die bemarking van wol en sybokhaar, op die Wol-en-Sybokhaarbeurs. Plaaslike vesel-makelaars, sowel as wol- en sybokhaar kopers word op die beurs verteenwoordig,  wat hier meeding om vesel te bekom vir internasionale kliënte. OVK/CMW is tans beide plaaslik en internasionaal die grootste  sybokhaarmakelaar. Wol en sybokhaar word vooraf voorberei en getoets om te voldoen aan gehalte-indikatore soos mikron en skoonopbrengs alvorens dit op die veiling aangebied word. Die objektiewe meting word deur die Woltoetsburo gedoen. Danksy hersortering kan die waardetoevoeging tot soveel as 30% bedra. Veselvolumes wat nie aan die toegelate minimum volume voldoen om op veiling verkoop te word nie, word in die saamverpakking afdeling geprosesseer, waarná ‘n markverwante prys deur OVK/CMW aan die produsent aangebied word. Wol word ingevolge die internasionale  AWEX (Australian Wool Exchange)-stelsel  getipeer om te verseker dat vergelykbare en markverwante pryse behaal word.  Die tekort aan arbeid op plase met skeertyd is ‘n groter-wordende probleem en bemoeilik die uitsoek van wol- en sybokhaarstukkies. Hierdie probleem het aanleiding gegee tot die ontstaan van OVK/CMW se wol- en sybokhaar hersortering-afdelings binne die OVK/CMW pakhuis in Port Elizabeth waar die sortering van stukkies  geskied.


Die werwing van wol en sybokhaar word gerugsteun deur landswye, professionele Tegniese Velddienste wat ’n enorme bydrae lewer tot die genetiese verbetering van wolskape en angora-bokke, asook die kommersiële prestasie van wol, sybokhaar en vleis-produksie.


Skeerdienste ook deur hierdie afdeling gekoördineer, deur gehalte skeerders (handspanne of masjienspanne) vir skape en sybokke beskikbaar te stel. Tans het CMW tussen 800 – 1000 skeerders in diens wat rondom 3,4 miljoen KVE per jaar skeer. ’n Opleidings program vir aspirant skeerders word ook bygehou. Uniek aan die CMW skeerdiens is die implementering van die “karretjie spanne” waar slegs 2 skeerders per karretjie opereer. Dit maak die skeerders makliker hanteerbaar en meer koste-effektief vir skeervloere van  kleiner as 600 KVE.


Die klientefinansieringsafdeling van CMW in Port Elizabeth kan aan goedgekeurde produsente ‘n voorskot teen vesel-lenings toestaan.

OVK Lewendehawe
se Tegniese en Bemarkings beamptes is uitstekend geplaas om landwyd ‘n omvattende diens te verskaf. Met ‘n personeel korps van 112 het hierdie afdeling homself met mening in die veilings-bedryf gevestig en naam gemaak met sy puik diens aan beide kopers en verkopers. OVK/CMW Lewendehawe is bekend vir sy professionele aanbieding van veilings vir stoetvee, landbou-masjinerie en boerdery staak veilings, asook produksie-, slagvee- en wild-veilings. Abattoirs en voerkrale word ook deurlopend voorsien. OVK/CMW Lewendehawe verskaf deskundige advies met stoetvee-dienste, algemene produksie-bestuur, vervoer koördinering en advertensie veldtogte. Tans is OVK/CMW die enigste lewendehawe-onderneming wat internet-veilings suksesvol aanbied. OVK/CMW stel hom met sy alles-in-een diens ten doel om landwyd die vee-produsent se eerste keuse as afslaers-groep te wees.

Vir verdere inligting rakende ons dienste, kan u OVK Lewendehawe gerus skakel of kontak maak met u plaaslike OVK Lewendehawe bemarkings-agent.





Besoek die CMW webwerf