KENNISGEWINGS

  Belangrike omsenskrywe aan alle OVK Bokhaarprodusente 4 Junie 2019 / Important circular to all OVK Mohair producers 4 June 2019        

NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
Press Release / Mediaverklaring

Press Release / Mediaverklaring

geplaas op Wo., 17 Apr. 2019

RECORD MOHAIR SALE / REKORD SYBOKHAARVEILING

PRESS RELEASE

RECORD MOHAIR SALE

The mohair sale of 16 April 2019 in Port Elizabeth will be remembered for a while as it had the biggest turnover ever at a single broker, in excess of R46 million! OVK Manger: Mohair, Pierre van der Vyver, reports that it was the biggest sale of the season, which also ranked as of the best quality. With a sale like that it was expected for some record prices to be made, with Jerry and Wayne Pienaar from Bokvlei Farming, Beaufort West who stole the limelight with a world record price for adults @ R420.00/kg! The same clip also set a new record for an average price for a total clip delivered at R416.84/kg! The Pienaar’s comment was: “We must say thank you to the terrible drought currently raging in our area. At least it is making mohair finer to get better prices. The better prices alleviate some of the financial pain by buying all feed to keep our animals going” Paul Broeksma from Teerputs Farming, Aberdeen equalled the current world record price for young goats at R490.00/kg and Paul Webber from Grahamstown set a new seasonal record for summer kids at R621.00/kg! Van der Vyver further reports: “This really say something special about the mohair industry. The farmers are facing the worst drought in 100 years and the buyers facing the closing of the borders of China, one of the important buyers of semi-processed mohair from South Africa, because of the outbreak of foot and mouth disease in South Africa, and we still experienced a record sale”

REKORD SYBOKHAARVEILING

Die sybokhaarveiling van 16 April 2019 in Port Elizabeth sal vir ‘n rukkie onthou word. Volgens Pierre van der Vyver (OVK Bestuurder: Sybokhaar) was dit die sybokhaarveiling by een makelaar met die grootste omset nog ooit, naamlik R46 miljoen! Dit was nie net die grootste veiling van die seisoen in kg nie, maar ook die een met die beste kwaliteit. So ‘n veiling gaan natuurlik ook gepaard met rekord pryse. Jerry en Wayne Pienaar van Bokvlei Farming, Beaufort Wes het hier die kollig gesteel. Hulle het die nuwe wêreldrekordprys van grootbokhaar behaal @ R420.00/kg en sommer ook die rekordboeke herskryf om die hoogste gemiddeld ooit vir hulle totale skeersel te behaal teen R416.84/kg gemiddeld! Die Pienaars se reaksie was: “Ons moet dankie sê vir die huidige droogte wat die haar fyn gemaak het en dus die haar duurder gemaak het. Die beter pryse verlig darem die finansiële pyn wat die droogte veroorsaak, want alle kos vir ons diere moet op die stadium aangekoop word” Paul Broeksma van Teerputs Farming, Aberdeen het die huidige wêreld rekordprys vir jongbokhaar ge-ewenaar @ R490.00/kg en Paul Webber van Grahamstad het ‘n seisoensrekord vir somer kleinbokkiehaar behaal teen R621.00/kg! Van der Vyver sê verder: “Die sybokhaarbedryf bly ‘n baie spesiale bedryf. Die boere beveg ‘n droogte wat eenmaal in ‘n 100 jaar voorkom, terwyl die kopers die sluiting van Sjina se grense beveg as gevolg van die uitbraak van bek-en-klouseer in Suid-Afrika. Sjina is een van die hoof invoerders van semi-verwerkte sybokhaar vanaf Suid-Afrika. Dat die bedryf onder hierdie omstandighede nog steeds so ‘n rekord veiling kan hou soos die afgelope een, spreek boekdele!”


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Video
OVK Video
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Kalender

Kalender
Kalender
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Junie 2019
OVK Nuus Junie 2019
Adverteer Hier Lees Meer