Oor OVK

LEES MEER OOR ONS


OVK verteenwoordig en verskaf die volgende dienste en goedere:

Alle boerderybenodigdhede vir saai- en veeboerdery (51 Handelstakke )
Versekeringsdienste: Oesversekering en Korttermynversekering
Handelaars van Claas, Massey Ferguson, Challenger, Jupidex en Toyota
Klientefinansieringsdienste
Handelaars in koring, mielies, sonneblom, droë bone en lusern
Vervaardig topgehalte mieliemeelprodukte (OVK SUPER en Power)
Vervaardig topgehalte koringmeelprodukte (koek-, bruinbrood-, witbroodmeel)
OVK bedryf 3 bandesentrums: Ficksburg, Ladybrand en Hopetown
Bedryf ses brandstofverspreidingspunte ( 4 Total, 1 Shell, een Engen)
Landbouvoorligting
Besit en bedryf Gariep Abattoir (Strydenburg)
Besit 100% beherende aandeel in CMW:
Wol- en bokhaarverhandeling
Lewendehawe
Skeerdienste
Eiendomme
Tegniese velddienste
Kliënte-omvang:
Ongeveer 3600 (waaronder ongeveer 10 000 boere-aandeelhouers). Taalvoorkeure: sowat 85% Afrikaans, 15 % Engels

Ander besonderhede:

Gebied is sterk gediversifiseerd: Hoë potensiaal akkerbou, naamlik mielies, koring, sonneblomme, droë bone, ook aspersie-, kersie-, vrugte- en groenteverbouing / Aangeplante weidings / Natuurlike grasveld-weidings / Wolskaap en vleisskaapboerderye / Suiwel-en vleisbeesboerderye / Ook perdeboerderye en volstruisboerderye kom voor. Die besproeiingsgebiede van die Visriviervallei en ook besproeiing langs die Caledon-, Kraai-en Oranjeriviere lewer stewige oeste van lusern, mielies en koring
Uitstaande toerismegebied. Die sandklipgebied in die Oos Vrystaat en Oos Kaap is asemrowend mooi, suidwaarts afgewissel met pragtige dolerietrante en korter gras- en gemengde gras- & bossievelde van die Suid Vrystaat en Oos Kaap. Verder suid- en weswaarts omsluit OVK 'n stuk pragtige Karoo-gebied met 'n eiesoortige skoonheid.
Gebied omsluit prominente Suid-Afrikaanse-damme: Gariepdam en Vanderkloofdam (in Oranje), Knellpoortdam en Welbedachtdamme (langs en in die Caledon), Kalkfonteindam (in die Rietriver in Fauresmith), Egmontdam (Zastron), Armeniadam (in die Leeurivier, Ladybrand), Allemanskraaldam (in die Sandrivier, deels in die distrikte Winburg ,Ventersburg en Senekal) en Erfenisdam (aan die noord-ooste gekoppel aan Winburg-distrik)
OVK se diensgebied is in drie provinsies, Vrystaat, Oos Kaap en Noord Kaap en saaam met CMW ook nou nasionaal. Een-en-vyftig handelstakkke, van Steynsrus in die noorde tot Willowmore in die suide, Prieska in die weste en Elliot in die ooste word bedryf.
Opsomming:

Die hoë potensiaal van die gebied en sy boere, en die gediversifiseerdheid van sy bedryfsvertakkinge, maak OVK 'n prominente en stewige rolspeler op verskeie terreine van die RSA-ekonomie en van dié van die Vrystaat, Oos-Kaap en Noord-Kaap in besonder.

Agri SA to launch litigation fund


Agri SA to launch litigation fund

Lees Meer

Mediaverklaring / Media Release


Mediaverklaring / Media Release

Lees Meer

Aandag boere! Só verwyder jy okkupeerders


Aandag boere! Só verwyder jy okkupeerders

Lees Meer

SA het nét 41 dae se koring oor


SA het nét 41 dae se koring oor

Lees Meer

Moenie gou hoop op mielieprys nie


Moenie gou hoop op mielieprys nie

Lees Meer

Korporatiewe Video

OVK Video
OVK Video
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Kalender

Kalender
Kalender
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus September 2017
OVK Nuus September 2017
Adverteer Hier Lees Meer