NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CV14-2020

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CV14-2020

geplaas op Vr., 10 Jan. 2020

Hierdie week het die SA wolmark veld gewen / This week saw the SA wool market gaining ground

MARKANALISE

In Port Elizabeth het die 14de wolveiling van die 2019/20 seisoen, asook die eerste van die jaar, hierdie week plaasgevind en die Cape Wools aanwyser het met 4.3% en 730 punte hoër verhandel en teen 'n skoonprys van R176.47/kg gesluit. Die Australiese EMI het met 1.8% gestyg op hulle laaste veiling. Die Rand het hierdie week 4.1% sterker verhandel teen die VSA Doller ten tyde van die veiling en 3.2% sterker teen die Euro, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling. Goeie kwaliteit en medium lengte tipes wol het goed presteer en gesonde kompetisie onder kopers tot gevolg gehad, terwyl ‘n beperkte hoeveelheid korter wol aangebied is. Volhoubaarheid gesertifiseerde wol het goeie aandag geniet en bogemiddelde pryse behaal in hul onderskeie kategorieë. Die grootste styging hierdie week van 6.6%, was in die 22 mikron segment. Modiano het hierdie week die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Standard Wool, Tianyu SA en Lempriere SA. Daar is in totaal 12599 bale aangebied, waarvan 96.1% verkoop is. Op die OVK veiling is 3197 bale aangebied waarvan 97.1% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling van R157.00/kg is behaal vir ‘n 2 baal lot CH van 16.3 mikron, uit die skeersel van AC Dormehl van Barkly-Oos. Die koper was Standard Wool. Baie geluk met die prestasie!

 

VOORUITSIGTE

Hierdie week het die SA wolmark veld gewen, teenoor die vorige veiling. Dit, ten spyte van ‘n sterker Rand. Die volume wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is byna 89% laer as die ooreenstemmende week van die vorige seisoen. Die werklike effek van die voortslepende droogte in groot produksiegebiede, word nou weerspieël. Berigte van goeie neerslae is egter hierdie week ontvang uit groot dele in die Noord-en Ooskaap wat erg gebuk gaan onder genoemde toestande. OVK wil ook weer eens produsente uitnooi, om ons te skakel indien enige voorskotte en finansiering verlang word, om die uitdagende omstandighede, waar droogtetoestande steeds heers, te help oorbrug. OVK is verbind daartoe om sy produsente by te staan na die beste van ons vermoë in goeie sowel as moeilike tye.

Produsente moet let daarop en ernstige fokus plaas op bio-sekuriteit, in die lig van die huidige dieregesondheid situasie, met hernude bek-en klouseer uitbrake, en verseker dat kuddegesondheid prioriteit geniet en dat troppe beskerm is teen aansteeklike siektes soos ook slenkdalkoors. Waar goeie reëns in sekere gebiede voorgekom het, is die moontlikheid van uitbrake baie waarskynlik. Entstof is tans beskikbaar by u naaste OVK tak. Sorg ook, in veral droogtegeteisterde gebiede, dat kuddes se algemene gesondheid en voedingstatus prioriteit geniet, ten einde produksie en reproduksie te optimaliseer. Deur die toediening van strategiese minerale en vitamiene aanvullings, kan produksiediere, asook lammers se immuunsisteme gestimuleer word, wat produksie en reprodusie sal verbeter. Baie belangrik ook, is dat produsente moet verseker dat die dieregesondheidstatus van diere wat uit ander gebiede aangekoop word bekend is, om te verseker dat siektes soos bek-en klouseer, asook weerstandige parasiete nie na siektevrye plase en omgewings ingebring word nie. Dit kan lei tot enorme negatiewe ekonomiese gevolge. Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 16 Januarie 2020 waar sowat 11067 bale aangebied sal word. Hierdie verslag deur Heinrich Victor, Bestuurder Veselbedryf – OVK

 

MARKET ANALYSES

In Port Elizabeth the 14th wool auction of the 2019/20 season, also the first of the year, took place and the Cape Wools Merino indicator traded by 4.3% and 730 points higher and closed at a clean price of R176.47/kg. The Australian EMI increased by 1.8% on their previous auction. The Rand traded 4.1% stronger against the US Dollar this week and 3.2% stronger against the Euro, compared to the previous sale. Good quality and medium lengths wool types attracted satisfactory interest amongst buyers, while there was a limited offer of shorter wool. Sustainable certified lots enjoyed good attention and achieved above average prices in their different categories. The largest increase this week of 6.6% was in the 22 micron segment. Modiano was the major buyer on the auction this week, followed by Standard Wool, Tianyu SA and Lempriere SA. A total of 12599 bales were on offer, of which 96.1% was sold. On the OVK auction 3197 bales were offered of which 97.1% was sold. The highest price of R157.00/kg was achieved for a 2 bale lot CH of 16.3 microns, from the clip of AC Dormehl from Barkly East. The buyer was Standard Wool. Congratulations on the achievement!             

 

FORECAST

This week saw the SA wool market gaining ground, compared to the previous auction. This, is spite of a stronger Rand. The volumes of wool received in the stores of the brokers this week, are nearly 89% lower compared to the same week of the previous season. The real effect of the ongoing drought, in large production areas, is reflecting now. Reports of good rain showers were received this week from wide spread regions in the Northern, as well as the Southern Cape, which are suffering under mentioned circumstances. OVK again want to invite our producers to contact us if any advances or financing is needed, to bridge this difficult period in areas which still suffer from severe droughts. OVK is committed to assist our producers in good as well as difficult times, to the best of our ability.

Producers must still see to, in the light of the renewed animal health situation, due to the outbreak of Foot and Mouth disease, that focus is placed on bio-security and ensure that flock health enjoys priority and that herds are protected against diseases such as Rift Valley Fever. In the regions where good rains occurred, the chances of renewed outbreaks are very probable. Vaccines are available at your nearest OVK branch. Also secure, especially in the drought-stricken areas, that focus is put on the general health of flocks and that the feeding status must enjoy priority, in order to optimise production and reproduction. By the application of strategic mineral and vitamin supplements, the immune systems of production animals as well as lambs can be stimulated, which will increase production and reproduction. It is also very important that producers must familiarise them of the animal health status of animals bought from other areas, to ensure that diseases like Foot and Mouth disease, as well as resistant parasites are not brought onto disease free farms. That could cause enormous negative economic results. The next wool auction is scheduled for 16 January 2020 where 11 067 bales will be on offer. This report by Heinrich Victor, Manager Fibre Operations – OVK.    


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer