NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CV15_2020

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CV15_2020

geplaas op Vr., 17 Jan. 2020

Hierdie week het die SA wolmark effens sterker verhandel, teenoor die vorige veiling / This week saw the SA wool market trading a little stronger, compared to the previous auction.

MARKANALISE

In Port Elizabeth het die 15de wolveiling van die 2019/20 seisoen hierdie week plaasgevind en die Cape Wools aanwyser het met 0.5% en 96 punte hoër verhandel en teen 'n skoonprys van R177.43/kg gesluit. Die Australiese EMI het met 3.3% gestyg. Die Rand het hierdie week 1.6% swakker verhandel teen die VSA Doller en 2% swakker teen die Euro, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling. Goeie kwaliteit en medium lengte tipes wol het relatief goed presteer en gesonde kompetisie onder kopers tot gevolg gehad, terwyl die sterker kant van die mark nie so goed gevaar het nie. Volhoubaarheid gesertifiseerde wol het weereens goeie aandag geniet en goed presteer. Die grootste styging hierdie week van 2.4%, was in die 21.5 mikron segment. Modiano het hierdie week die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Lempriere SA, Standard Wool en Tianyu SA. Daar is in totaal 11329 bale aangebied, waarvan 95.3% verkoop is.

Op die OVK veiling is 3923 bale aangebied waarvan 94.7% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling van R143.60/kg is behaal vir ‘n 1 baal lot BMY van 18.5 mikron, uit die skeersel van H.F. Van Heerden van Burgersdorp. (RWS gesertifiseer) Die koper was Standard Wool. Baie geluk met die prestasie!

MARKVOORUITSIGTE

Hierdie week het die SA wolmark effens sterker verhandel, teenoor die vorige veiling. Die swakker Rand kon egter nie heeltemaal vergoed, in vergelyking met die Australiese mark nie. Die volume wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is byna 53% laer as die ooreenstemmende week van die vorige seisoen en akkumulatief 4.5% laer. Dit is grootliks as gevolg van die voortslepende droogte in groot produksiegebiede soos die Oos-en Noordkaap. Goeie neerslae het egter in sekere gebiede voorgekom, wat welkome verligting bring. In die lig van die steeds moeilike omgewingstoestande, nooi OVK produsente uit om ons te skakel indien enige voorskotte op vesel gelewer, en finansiering verlang word. Skakel gerus  ons veselkantoor in Port Elizabeth of met u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Besoek ook gerus die OVK webtuiste vir besonderhede. OVK is verbind daartoe om sy produsente by te staan na die beste van ons vermoë in goeie sowel as moeilike tye.

Bio-sekuriteit is ‘n gonswoord wat op almal se lippe is in die lig van die huidige omstandighede rakende bek-en klouseer en die beperkingsvoorwaardes wat dit op die beweging van vee het. Dit is noodsaaklik dat produsente kennis moet dra van die kliniese presentering van die virus en die gepaardgaande risikos. Indien die siekte nie korrek bestuur word nie, sal dit tot enorme ekonomiese verliese lei, selfs op die lang termyn. Waar goeie reëns in sekere gebiede voorgekom het, is die moontlikheid van uitbrake van slenkdalkoors ook baie waarskynlik. Entstof is tans beskikbaar by u naaste OVK tak. Nog ‘n siekte waarteen gewaak moet word, is bloutong. Berigte word van oral oor ontvang van groot hoeveelhede muggies en muskiete wat voorkom. Maak seker dat diere wat van vreemde areas ingebring word, skoon is van moontlike parasietbesmetting en dat die dieregesondheidstatus bekend is, ten einde te voorkom dat “aangekoopte” besmetting van weerstandige parasiete of siektes eiendom kan benadeel. Dit kan enorme negatiewe ekonomiese gevolge to gevolg hê.

Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 23 Januarie 2020 waar sowat 10986 bale aangebied sal word. Hierdie verslag deur Heinrich Victor, Bestuurder Veselbedryf – OVK

MARKET ANALYSIS

In Port Elizabeth the 15th wool auction of the 2019/20 season took place and the Cape Wools Merino indicator traded by 0.5% and 96 points higher and closed at a clean price of R177.43/kg. The Australian EMI increased by 3.3%. The Rand traded 1.6% weaker against the US Dollar and 2% stronger against the Euro, compared to the previous sale. Good quality and medium lengths wool types attracted satisfactory interest amongst buyers, while the stronger end of the market did not perform so good. Sustainable certified lots enjoyed good attention and performed well. The largest increase this week of 2.4% was in the 21.5micron segment. Modiano was the major buyer on the auction this week, followed by Lempriere SA, Standard Wool and Tianyu SA. A total of 11329 bales were on offer, of which 95.3% was sold.

On the OVK auction 3923 bales were offered of which 94.7% was sold. The highest price of R143.60/kg was achieved for a 1 bale lot BMY of 18.5 microns, from the clip of H.F. Van Heerden from Burgersdorp. (RWS certified). The buyer was Standard Wool. Congratulations on the achievement!                            

MARKET FORECAST

This week saw the SA wool market trading a little stronger, compared to the previous auction. This weaker Rand could not fully compensate in comparison with the Australian market though. The volumes of wool received in the stores of the brokers this week, are nearly 53% lower compared to the same week of the previous season and accumulatively 4.5% lower. That is mainly because of the ongoing drought in large production areas such as the Eastern and Northern Cape. Good rain showers were reported in certain areas though, which will bring some relieve. In the light of the ongoing difficult environmental circumstances, OVK wants to invite our producers to contact us if any advances on fibre delivered or financing is needed. Please call our fibre office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. The OVK website can also be visited for more details. OVK is committed to assist our producers in good as well as difficult times, to the best of our ability.

Bio-security is the buzzword on everybody’s lips in the light of the current circumstances regarding Foot and Mouth disease and the limitations conditions on the movement of livestock. It is necessary for producers to have knowledge of the clinical presentation of the virus and the associated risks. If the disease is not managed properly, it will result in enormous economic losses, even in the long term. In the regions where good rains occurred, the chances of renewed outbreaks of Rift Valley Fever are very probable. Vaccines are available at your nearest OVK branch. Another disease to be aware of, is Bluetongue. Reports of huge numbers of midges and mosquitoes that occurs, are received from all over. Ensure that animals, brought from unfamiliar areas, are clean from parasite contamination and that the animal health status is known, in order to prevent resistant parasites and diseases are not brought onto disease free farms. That could cause enormous negative economic results.

The next wool auction is scheduled for 23 January 2020 where 10986 bales will be on offer. This report by Heinrich Victor, Manager Fibre Operations – OVK


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer