NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CV25_2020

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CV25_2020

geplaas op Vr., 24 Apr. 2020

Hierdie week het die SA wolmark versterk, in vergelyking met die vorige veiling / This week saw an increase in the SA wool market, compared to the previous auction.

MARKANALISE

Die 25te wolveiling van die 2019/20 seisoen het hierdie week plaasgevind en die Cape Wools aanwyser het met 6.4% en 988 punte hoër verhandel en teen 'n skoonprys van R165.57/kg gesluit. Die Australiese EMI het met 1.5% verswak. Die Rand het hierdie week 9.8% swakker verhandel teen die VSA Doller en 9.5% swakker teen die Euro, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling. Te midde van die Koronavirus inperking in Suid-Afrika, kon ‘n elektroniese veiling van wol wat reeds in die makelaars se store ontvang, getoets en gewaardeer is, hierdie week plaasvind. Dit was die eerste wolveiling van hierdie aard en het betreklik goed verloop, maar oor die bestek van 2 dae. Die volume was beperk en die aanbieding het bestaan uit gemengde lengtes fyn en medium wol, waarvan die fyner tipes goed presteer het. Sterker wol was egter onder afwaartse druk. Die grootste styging hierdie week van13.1%, was in die 18 mikron segment. Lempriere SA het hierdie week die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Standard Wool, Stucken en Modiano. Daar is in totaal 5382 bale aangebied, waarvan 87.9% verkoop is.

Op die OVK veiling is 1437 bale aangebied waarvan 87.8% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling van R152.30/kg is behaal vir ‘n 2 baal lot DL van 16.2 mikron, uit die skeersel van PWB Uys van Wakkerstroom. Die koper was Modiano. Baie geluk met die prestasie!

VOORUITSIGTE

Hierdie week het die SA wolmark versterk, in vergelyking met die vorige veiling. Dit was grootliks te wyte aan ‘n verdere verswakking van die Rand en het ‘n wesentlike invloed gehad om ‘n navolging in die daling in die Australiese mark te verhoed. Hoewel wolveilings onder streng beperkende voorwaardes hervat het, is die ontvangs van wol in die makelaars se store steeds verbode, as gevolg van die algehele inperking. ‘n Vlak 4 inperking is deur die president afgekondig en sal geld vanaf 1 Mei, maar die implikasies op die vervoer van wol is nog onduidelik. Produsente sal egter op hoogte gehou word van enige verdere verwikkelinge in hierdie verband.

Skakel gerus die OVK veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting, indien voorskotte op vesel gelewer, of produksielenings verlang word. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur van OVK. Die OVK webtuiste kan ook gerus besoek word vir meer besonderhede. Produsente word uitgenooi en versoek om gerus met die OVK veselkantoor te skakel rakende besluite rondom die verhandeling van u produk. OVK verbind hom steeds tot diens en ondersteuning van ons produsente in goeie, sowel as moeilike tye.

Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 30 April 2020 waar sowat 14197 bale aangebied sal word. Hierdie verslag deur Heinrich Victor, Bemarkingsbestuurder Vesel – OVK.


MARKET ANALYSES

The 25th wool auction of the 2019/20 season took place this week and the Cape Wools Merino indicator traded 6.4% and 988 points higher and closed at a clean price of R165.57/kg. The Australian EMI decreased by 1.5%. The Rand traded 9.8% weaker against the US Dollar this week and 9.5% weaker against the Euro, compared to the previous sale. Amidst the Corona virus lockdown in South Africa, an electronic wool auction of wool already in brokers’ stores, tested and valued, could be held this week. This was the first wool sale of this kind and was completed relatively successful, but over a 2 day period. The volumes were limited and the offer consisted of mixed lengths fine and medium wool. The finer types performed well, with stronger wool experienced downward pressure. The largest increase this week of 13.1% was in the 18 micron segment. Lempriere SA was the major buyer on the auction this week, followed by Standard Wool, Stucken and Modiano.

A total of 5382 bales were on offer, of which 87.9% was sold. On the OVK auction 1437 bales were offered of which 87.8% was sold. The highest price on the OVK auction, of R152.30/kg was achieved for a 2 bale lot DL of 16.2 microns, from the clip of PWB Uys from Wakkerstroom. The buyer was Modiano. Congratulations on the achievement!  

FORECAST

This week saw an increase in the SA wool market, compared to the previous auction. That was mainly due to the weakening of the Rand and had a significant influence in the prevention of following the decrease in the Australian market.  Although wool auctions resumed under restrictive conditions, the receival of wool in the brokers’ stores are still prohibited, due to the total lockdown. A level 4 lockdown is announced by the president though and will apply from the first of May, although the implications on the transport of wool is still unclear. Producers will be updated though of any developments in this regard.

OVK invites producers to contact our fibre office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information if any advances on fibre delivered, or production financing is needed. Also learn more about OVK’s exciting new commission structure. The OVK website can be visited for more details. Producers are invited and requested to contact the OVK fibre office regarding decisions around the trading of your product. OVK is still committed to optimum service and support to our producers in positive, as well as difficult times.

The next wool auction is scheduled for 30 April 2020 where 14197 bales will be on offer. This report by Heinrich Victor, Marketing Manager Fibre – OVK.     


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer