NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT W13_2020

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT W13_2020

geplaas op Di., 20 Okt. 2020

Sterk kleinbokkiehaar vertoon die beste / Strong kids mohair performed best

MARKANALISE

Die vierde sybokhaarveiling van die 2020 winter verkoopseisoen is vandag, die 20ste Oktober 2020, in Port Elizabeth aangebied. Daar was goeie belangstelling in die meeste van die tipes. Sterk kleinbokkiehaar het die beste vertoon op die dag met 'n 8.5% styging met 'n markaanwyser van R446.62 /kg en 98.0% is verkoop; jongbokhaar eindig in kopersguns met 'n markaanwyser van R252.31/kg en 'n verkoopspersentasie van 100.00%. Grootbokhaar styg met 1.2% met 'n markaanwyser van R193.75/kg en 95.0% is verkoop. Dit het die totale verkope op 86.5% te staan gebring met 'n markaanwyser van R255.21/kg wat 'n styging van 2.8% is. Die beste prys van die dag het aan PF de Klerk van Murraysburg gegaan wat R565.00/kg vir winter tipe CSFFK van 23.4 mikron behaal het. Stucken was die koper.

MARKVOORUITSIGTE

Die vooruitsig vir die komende veiling, wat ook 'n kleiner volume veiling gaan wees, is dat die pryse van saad-tipe haar steeds onder druk gaan verkeer, terwyl dié res van die tipes op die huidige vlakke behoort te verhandel. Die volgende veiling word op die 10de November 2020 in Port Elizabeth aangebied. So berig Etienne Bezuidenhout, OVK Sybokhaarbestuurder.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSES

The fourth mohair auction of the 2020 winter sales season was held today, the 20th of October 2020, in Port Elizabeth. There was good interest in most of the types. Strong kid goat hair performed best on the day with an 8.5% increase with a market indicator of R446,62 / kg and 98,0% was sold; young goat hair ends in buyer favor with a market indicator of R252.31 / kg and a sales percentage of 100.00%. Adult mohair increased by 1.2% with a market indicator of R193.75 / kg and 95.0% sold. This brought the total sales to 86,5% with a market indicator of R255,21 / kg which is an increase of 2,8%. The best price of the day went to PF de Klerk from Murraysburg who achieved R565.00 / kg for the winter type CSFFK of 23.4 microns. Stucken was the buyer.

MARKET OUTLOOK

The prospect for the upcoming auction, which will also be a smaller volume auction, is that the prices of seed-type will still be under pressure, while the rest of the types should trade at current levels. The next auction will be held on the 10th of November 2020 in Port Elizabeth. So reported by Etienne Bezuidenhout, OVK Mohair Manager.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer