NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB11_2021

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB11_2021

geplaas op Wo., 27 Okt. 2021

Cape Wools Merino aanwyser styg met 0.9% en 97.2% van die aanbieding is verkoop / Cape Wools Merino indicator increases by 0.9% and 97.2% of the offering was sold

MARKANALISE

Die 11de wolveiling van die 2021/2022 seisoen, het op 27 Oktober plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 0.9% gestyg teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R168.30/kg gesluit.  Die Australiese EMI het egter met 2.6% gedaal teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 3.1% swakker verhandel teen die VSA Doller en ook 2.9% verswak teen die Euro. Die grootste verandering die week, was in die 22.0 mikron segment, met 'n daling van 5%. Lempriere SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur G. Modiano SA, Standard Wool SA en Stucken & Co. Daar is in totaal 7 993 bale aangebied, waarvan 97.2% verkoop is.

Op die OVK veiling is 1 950 bale aangebied, waarvan 97.2% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R206.00/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot AF van 16.3 mikron, uit die skeersel van Diereproduksie Navorsings Trust, van die Caledon distrik. Die koper was Standard Wool SA. Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Die Suid-Afrikaanse wolmark het die week effens verbeter, ten spyte van die verswakking in die Australiese wolmark. Dit kan grootliks toegeskryf word aan die verswakking van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 12.6% laer, vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen.

Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling en ver beter presteer as die mark gemiddelde, wat gesonde kompetisie tussen kopers tot gevolg gehed het. Ons nooi weereens produsente uit om te skakel met OVK, om u by te staan in die RWS sertifiseringsproses, want naspeurbaarheid is 'n tendens van die toekoms wat gekom het om te bly. Die volgende veiling is geskeduleer vir 3 November 2021, waar sowat 8 806 bale aangebied sal word. Inweeg vir die laaste veiling van 2021, sluit op 3 November 2021. Dit sal vir katalogus CB16 wees.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSES

The 11th wool auction of the 2021/2022 season, took place on 27 October. The Cape Wools Merino indicator traded 0.9% higher, compared to the previous sale and closed at a clean price of R168.30/kg.  The Australian EMI decreased by 2.6% though, compared to the previous sale. The Rand traded 3.1% weaker against the US Dollar and also lost 2.9% to the Euro, compared to the previous auction. The largest movement on this auction, was a decrease of 5.0%, in the 22.0 micron segment. Lempriere SA was the major buyer on this auction, followed by G. Modiano SA, Standard Wool SA and Stucken & Co. A total of 7 993 bales were on offer, of which 97.2% was sold.

On the OVK auction 1 950 bales were offered, of which 97.2% was sold. The highest price on the OVK auction, of R206.00/kg, was achieved for a 1 bale lot AF of 16.3 microns, from the clip of Diereproduksie Navorsings Trust, from the Caledon district. The buyer was Standard Wool SA. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

The South-African wool market increased slightly this week, despite the decrease in the Australian wool market. This can mainly be attributed to the weakening of the Rand against the most influential currencies. The receival of wool in the brokers’ stores this week, is 12.6% lower, compared to the same time of the previous season.

Sustainable certified (RWS), good quality Merino wool, again enjoyed good attention on the auction and outperformed the market, with healthy competition amongst buyers. We again invite farmers to contact OVK for assistance in the RWS certification process, because traceability is a future tendency, that came to stay.  The next auction is scheduled for 3 November 2021, where approximately 8 806 bales will be on offer. Weigh-in for the last auction of 2021, will close on 3 November 2021. That will be for catalogue CB16.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer