MARKANALISE
Op wolveiling CG02 het die Cape Wools Merino-aanwyser met 1.6% gestyg en teen 'n skoon prys van R177.79/kg vir alle Merino-wol gesluit. Vir gesertifiseerde wol het dit met 1.0% gestyg en teen 'n skoon prys van R181.83/kg afgesluit. Op die OVK-veiling is 1287 bale aangebied, waarvan meer as 97% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK-veiling, R170.80/kg (skoon prys: R217.08/kg), is behaal vir 'n 1-baal-lot BH van 18.2 mikron. Dit kom uit die skeersel van WPJ Boerdery in die Molteno-distrik.Die koper was G Modiano SA. Baie geluk met hierdie prestasie!
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 37.5 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARKET ANALYSES
On wool auction CG02 the Cape Wools Merino indicator increased by 1.6% and closed at a clean price of R177.79/kg for all Merino wool. For certified wool, it increased by 1.0% and closed at a clean price of R181.83/kg. On the OVK auction 1287 bales were offered, of which more than 97% was sold. The highest price on the OVK auction, of R170.80/kg (clean price: R217.08/kg), was achieved by WPJ Boerdery from the Molteno district for a 1-bale lot BH of 18.2 micron. The buyer was G Modiano SA. Congratulations on this achievement!
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact the OVK Fibre offices in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Producers must also bear in mind that the OVK loyalty scheme awards farmers 37.5 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.