NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W13 - 2025

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W13 - 2025

geplaas op Wo., 22 Okt. 2025

Wat ’n ongelooflike dag vir die bokhaarbedryf en OVK produsente! Vandag se veiling het ’n uitsonderlike hoogtepunt opgelewer toe ’n nuwe seisoenrekordprys van R850.00/kg behaal is vir ’n uitmuntende baal BSFFK van 24.7 mikron.

MARKANALISE

Die vierde veiling van die 2025-winterseisoen het weereens die veerkragtigheid van die bokhaarmark beklemtoon, met 183 507 kg op aanbod waarvan 99% verkoop is. Die aanbieding het bestaan uit hoëgehalte bokhaar, waarvan 78% RMS-gesertifiseer is.

’n Effens swakker Rand teenoor die Dollar, tesame met sterk mededinging tussen kopers, het ’n lewendige atmosfeer in die veilingskamer geskep en pryse oor al die marksegmente versterk. Die gemiddelde markaanwyser het op R358.85/kg gesluit; ’n styging van 5% teenoor die vorige veiling.

Dit is die tweede agtereenvolgende veiling waarin OVK beide die hoogste BIN- en Produsenteprys behaal het. ’n Bewys van die vertroue en versekering wat kopers het in die uitstaande gehalte wat deur OVK aangebied word.

’n Hoogtepunt van die dag was die nuwe seisoenrekordprys van R850.00/kg wat behaal is deur PF Webber. Dit het die vorige rekord oortref en het ’n nuwe maatstaf vir uitnemendheid in die bokhaarbedryf stel.

OVK bedank al die produsente en kopers vir hul voortdurende steun en bydrae tot die volgehoue sukses van die Suid-Afrikaanse bokhaarbedryf.

Die hoogste Bin prys op OVK en Openbare veiling:

OVK BINS het goed verkoop met ‘n hoogste prys van R750.10/kg vir ‘n baal BFFNK van 25.0 mikron. Die produsente in die BIN is: DJ Gouws, PJ Lategan, JH Moolman en PF Webber. VBC was die koper.

Die hoogste Produsente baal op die OVK en Openbare veiling:

Wat ’n ongelooflike dag vir die bokhaarbedryf en OVK produsente! Vandag se veiling het ’n uitsonderlike hoogtepunt opgelewer toe ’n nuwe seisoenrekordprys van R850.00/kg behaal is vir ’n uitmuntende baal BSFFK van 24.7 mikron.
 Hierdie topgehalte baal, geproduseer deur PF Webber van Albany, is uiteindelik deur VBC aangekoop.

MARKVOORUITSIGTE

Die vyfde veiling van die 2025 winterseisoen vind plaas op 11 November 2025. So berig Gerrit van Heerden, Bokhaar Bestuurder. Kontak hom by 082 854 8604.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings.  Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 35 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

 

MARKET ANALYSIS

The fourth sale of the 2025 winter season once again showcased the resilience of the mohair market, with 183,507 kg on offer of which an 99% was sold. The offering consisted of high-quality mohair, with 78% RMS-certified.

A slightly weaker Rand against the US dollar, coupled with strong buyer competition, created a vibrant atmosphere in the auction room and lifted prices across all market segments. The average market indicator closed at R358.85/kg, up 5% from the previous sale.

This marks the second consecutive sale in which OVK achieved both the highest BIN and Producer price, underlining the trust and confidence buyers have in the exceptional quality offered through OVK.

A highlight of the day was the new season record price of R850.00/kg, achieved by PF Webber, surpassing the previous record and setting a new benchmark for excellence in the mohair industry.

OVK extends its sincere appreciation to all producers and buyers for their ongoing support and contribution to the continued success of the South African mohair industry.

Highest Bin Price at OVK and Public Auction:

OVK BINs sold well, with the highest price reaching R749.10/kg for a BFFNK bale of 25.0 micron, achieved by the following producers: DJ Gouws, PJ Lategan, JH Moolman and PF Webber. The buyer was VBC.

Highest Producer Bale at the OVK and Public Auction:

What an unbelievable day for the mohair industry and OVK producers! The latest sale delivered a show-stopping moment when a new season record price of R850.00/kg was achieved for an exceptional BSFFK bale measuring 24.7 micron. This top-quality bale, produced by PF Webber of Albany was ultimately secured by VBC.0


 MARKET OUTLOOK

The fifth auction of the 2025 winter season will take place on the 11th of November 2025. So reports Gerrit van Heerden, Mohair Manager. Contact him on 082 854 8604.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 35 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2025
OVK Korporatiewe Video 2025
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus September 2025
OVK Nuus September 2025
Adverteer Hier Lees Meer