WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CV24_2020

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CV24_2020

geplaas op 09:29 (GMT+2) Vr., 20 Mrt. 2020



MARKANALISE

Die 24ste wolveiling van die 2019/20 seisoen hierdie week plaasgevind en die Cape Wools aanwyser het met 12.5% en 2220 punte laer verhandel en teen 'n skoonprys van R155.69/kg gesluit. Die Australiese EMI het met 5.5% verswak. Die Rand het hierdie week 5.6% swakker verhandel teen die VSA Doller en 1.7% swakker teen die Euro, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling. Die mark het die week onder die druk van die voortslepende globale Koronavirus-krisis gebuig, met 'n derde van die totale wol op aanbieding wat Woensdag onttrek is. 'n Verbetering is wel later op Donderdag ervaar. Die grootste daling hierdie week van 16.4%, was in die 19.5 mikron segment. Standard Wool het hierdie week die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Modiano, Lempriere SA en Tianyu SA. Daar is in totaal 10180 bale aangebied, waarvan 51.4% verkoop is. Op die OVK veiling is 1619 bale aangebied waarvan 59.1% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling van R125.50/kg is behaal vir ‘n 2 baal lot CL van 16.4 mikron, uit die skeersel van AH Geldenhuis, van Richmond Noordkaap. Die koper was Standard Wool. Baie geluk met die prestasie!

VOORUITSIGTE

Hierdie week het die SA wolmark skerp verswak, in vergelyking met die vorige veiling. Die verdere verswakking van die Rand het die plaaslike mark effens beskerm teen ‘n selfs groter daling. Die wolmark volg nou die skerp daling van markte wêreldwyd na, wat te wyte is aan die Koronavirus-uitbraak wat nou as globale pandemie verklaar is. Die volume wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is in totaal 5.7% hoër as die ooreenstemmende week van die vorige seisoen, maar ‘n daling teenoor verlede week. Ons nooi produsente steeds om die OVK veselkantoor in Port Elizabeth te skakel indien voorskotte op vesel gelewer, of produksielenings verlang word, of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur van OVK. Vir meer inligting kan die OVK webtuiste ook gerus besoek word. Gegewe die situasie in die globale ekonomie, word verwag dat afplattings in die wolmark steeds mag voortduur in die nabye toekoms en produsente word uitgenooi en versoek om gerus met die OVK veselkantoor te skakel rakende besluite rondom die verhandeling van u produk. OVK verbind hom steeds tot die beste diens en ondersteuning aan ons produsente in goeie, sowel as moeilike tye. Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 26 Maart 2020 waar sowat 7635 bale aangebied sal word. Hierdie verslag deur Heinrich Victor, Bemarkingsbestuurder Vesel – OVK

MARKET ANALYSES

The 24th wool auction of the 2019/20 season took place this week and the Cape Wools Merino indicator traded 12.5% and 2220 points lower and closed at a clean price of R155.69/kg. The Australian EMI decreased by 5.5%. The Rand traded 5.6% weaker against the US Dollar this week and 1.7% weaker against the Euro, compared to the previous sale. The market this week succumbed to the global impact of the continuing Corona virus crisis, with a third of the wool offering withdrawn on Wednesday. It did show some improvement later on Thursday. The largest decrease this week of 16.4% was in the 19.5 micron segments. Standard Wool was the major buyer on the auction this week, followed by Modiano, Lempriere SA and Tianyu SA. A total of 10180 bales were on offer, of which 51.4% was sold. On the OVK auction 1619 bales were offered of which 59.1% was sold. The highest price on the OVK auction, of R125.50/kg was achieved for a 2 bale lot CL of 16.4 microns, from the clip of AH Geldenhuis from Richmond Northern Cape. The buyer was Standard Wool. Congratulations on the achievement!

FORECAST

This week saw a sharp decrease in the SA wool market, compared to the previous auction. The weakening of the Rand protected the local market somewhat against a larger decrease. The wool market is now following the downward trend of world markets, due to the Corona virus outbreak which was recently declared as a global pandemic. The volumes of wool received in the stores of the brokers this week, are accumulatively 5.7% higher compared to the same week of the previous season, but a decrease compared to last week. OVK invites producers to contact our fibre office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information if any advances on fibre delivered, or production financing is needed. Also learn more about OVK’s exciting new commission structure. The OVK website can be visited for more details. Given the situation in the global economy, flattening in the wool market is expected to proceed in the near future and producers are invited and requested to contact the OVK fibre office regarding decisions around the trading of your product. OVK is still committed to optimum service and support to our producers in positive, as well as difficult times. The next wool auction is scheduled for 26 March 2020 where 7635 bales will be on offer. This report by Heinrich Victor, Marketing Manager Fibre – OVK.  

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

June
January
February
March
April
May
June
July
August
September
October
November
December
2025
1950
1951
1952
1953
1954
1955
1956
1957
1958
1959
1960
1961
1962
1963
1964
1965
1966
1967
1968
1969
1970
1971
1972
1973
1974
1975
1976
1977
1978
1979
1980
1981
1982
1983
1984
1985
1986
1987
1988
1989
1990
1991
1992
1993
1994
1995
1996
1997
1998
1999
2000
2001
2002
2003
2004
2005
2006
2007
2008
2009
2010
2011
2012
2013
2014
2015
2016
2017
2018
2019
2020
2021
2022
2023
2024
2025
2026
2027
2028
2029
2030
2031
2032
2033
2034
2035
2036
2037
2038
2039
2040
2041
2042
2043
2044
2045
2046
2047
2048
2049
2050
SunMonTueWedThuFriSat
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
1
2
3
4
5
00:00
01:00
02:00
03:00
04:00
05:00
06:00
07:00
08:00
09:00
10:00
11:00
12:00
13:00
14:00
15:00
16:00
17:00
18:00
19:00
20:00
21:00
22:00
23:00