SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT S06_2020

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT S06_2020

geplaas op 16:33 (GMT+2) Di., 30 Jun. 2020

Kleinbokkiehaar styg met 10.0% / The price of kids increased by 10.0%

MARKANALISE

Die laaste sybokhaarveiling van die 2020 somerseisoen het dieselfde tendens as die voorlaaste veiling gevolg.  Daar was goeie kompetisie tussen die plaaslike verwerkers op die kleinbokkie tipes. Grootbokhaar en jongbokhaar was vandag weereens onder druk en pryse, asook verkoopspersentasie, was onder druk. Vergeleke die vorige veiling het kleinbokkies 10.0% gestyg, jongbokke is 1.7% laer en grootbokke 1.0% laer. Die beste prys van die dag het gegaan aan PCL Michau van Cradock teen R670.00/kg vir ‘n baaltjie somer kleinbokkiehaar! Hierdie baal super styl haar het 23.7 mikron getoets met ‘n skoonopbrengs van 93.9%.

Vandag se veilingsanalise is as volg:  Kleinbokkiehaar styg met 10.0% met `n markaanwyser van R464.84/kg  en 83.7%  is verkoop;  jongbokhaar daal met 1.7% met `n markaanwyser van R230.30/kg en `n verkoopspersentasie van 73.3%. Grootbokhaar daal met 'n verdere 1.0% met `n markaanwyser van R164.02/kg en 64.9% verkoop. Dit het die totale verkope op 71.1% te staan gebring met `n markaanwyser van R236.45/kg wat 2.7 % hoër is. 

MARKVOORUITSIGTE

Daar was weer ‘n duidelike verskil tussen die onderskeie fyner mikrongroepe. Spesiale aandag moet in die klasseringsproses aan die verdeling tussen fynhede geskenk word. Dit is die ideale geleentheid vir die bo-gemiddelde boer om die EGT-proses tot sy voordeel aan te wend. Die prysvlakke van sterk jongbokhaar en grootbokhaar gaan onder druk verkeer in die afsienbare toekoms totdat Europa weer tot die mark gaan toetree. Die volgende veiling word op 18 Augustus 2020 in Port Elizabeth aangebied.  

MARKET ANALYSES

The last mohair sale of the 2020 summer selling season followed the same trend as the penultimate sale. There was good competition from the local processors on the kid types. Adult and young goat hair received less attention and prices were under pressure. Compared to the previous sale, kids were 10% dearer, young goats easier by 1.7% and adults easier by 1.0%. The best price of the day went to PCL Michau of Cradock at R670.00/kg! This super style summer kid bale tested 23.7 micron with a clean yield of 93.9%.

Today's sales analysis is as follows: The price of kids increased by 10.0% with a market indicator of R464.84/kg and 83.7% sale clearance; young goat hair decreased by 1.7% with a market indicator of R230.30/kg and a sale clearance of 73.7%. Adult mohair decreased by 1.0% with a market indicator of R164.02/kg and 64.9% sold. This brought the overall sale clearance to 71.1% and the overall market indicator to R236.45/kg which is 2.7 % higher.

MARKET OUTLOOK

There is a definite price difference in the finer micron groups and special care must be taken to separate the finer microns from the stronger ones. This makes EGT a logical choice for the better than average farmer. The price levels for strong young goat mohair, as well as that of adult mohair, will remain under pressure until Europe is back in the market. The next sale will be offered on 18 August 2020 in Port Elizabeth. 


Deel met vriende    



Vorige Verslae

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG/WOOL MARKET REPORT CE 07...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG/ WOOL MARKET REPORT...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG/ WOOL MARKET REPORT CE 05...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG/WOOL MARKET REPORT CE04...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG/ WOOL MARKET REPORT CE 03...


Lees Meer