WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CV32_2020

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CV32_2020

geplaas op 07:41 (GMT+2) Do., 09 Jul. 2020

Hierdie week het die SA wolmark effens hoër verhandel, vergeleke die vorige week / This week saw the SA wool market trade somewhat higher, compared to the previous week.

MARKANALISE

Die 32ste wolveiling van die 2019/20 seisoen het hierdie week op 7 en 8 Julie plaasgevind en die Cape Wools Merino aanwyser het met 0.9% gestyg teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R145.66/kg gesluit. Die Australiese EMI het met 1.8% versterk. Die Rand het met 0.9% sterker verhandel teen die VSA Dollar en 0.3% sterker teen die Euro, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling. Goeie kwaliteit medium lengte Merinowol het hierdie week goed vertoon en het veral gesorg vir goeie mededinging onder kopershuise. Die grootste styging van 1.9% was in die 19.5 mikron segment. Standard Wool SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur G. Modiano SA, Stucken & Co en Lempriere SA. Daar is in totaal 9 753 bale aangebied, waarvan 94.1% verkoop is. Op die OVK veiling is 2 403 bale aangebied waarvan 94.6% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling van R150.00/kg, is behaal vir ‘n 2 baal lot DDL van 15.8 mikron, uit die skeersel van De Vos Boerdery Trust, Colesberg. Die koper was Standard Wool SA. Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Hierdie week het die SA wolmark effens hoër verhandel, vergeleke die vorige week, maar weens die sterker Rand, effens swakker presteer as die Australiese mark. Wol ontvangste in die makelaars se store is 56% laer as die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen. Dit is dan week een van die 2020/2021 wolseisoen. Vandeesweek se veiling het weereens getoon dat volhoubaar gesertifiseerde wol steeds goeie aandag onder kopers geniet het en gesorg het vir gesonde kompetisie. Produsente kan dus gerus kennis neem hiervan. Skakel OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Hierdie verslag deur Heinrich Victor, Bestuurder Spesiale Dienste  Vesel – OVK.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSES

The 32nd wool auction of the 2019/20 season took place this week on 7 and 8 July and the Cape Wools Merino indicator traded 0.9% higher compared to the previous sale and closed at a clean price of R145.66/kg. The Australian EMI increased by 1.8%. The Rand traded 0.9% stronger against the US Dollar and 0.3% stronger to the Euro, compared to the rate of the previous sale. Good quality medium length Merino wool performed well this week and resulted in good competition amongst buyers. The largest increase this week of 1.9% was in the 19.5micron segment. Standard Wool SA was the major buyer on the auction this week, followed by G. Modiano SA, Stucken & Co and Lempriere SA. A total of 9 753 bales were on offer, of which 94.1% was sold. On the OVK auction 2 403 bales were offered of which 94.6% was sold. The highest price on the OVK auction, of R150.00/kg was achieved for a 2-bale lot DDL of 15.8 microns from the clip of De Vos Boerdery Trust, Colesberg. The buyer was Standard Wool SA. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

This week saw the SA wool market trade somewhat higher, compared to the previous week, but because of a stronger Rand, performed slightly weaker than the Australian market. The receival of wool in the brokers’ stores decreased by 56% compared to the same time of the previous season. This is for week one of the 2020/2021 wool season. This week’s auction showed that certified sustainable wool still enjoys good attention amongst buyers and attracted healthy competition. Producers have to take note of this. Please feel free to contact OVK for assistance in the certification process.  This report by Heinrich Victor, Manager Special Services Fibre – OVK.          

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.             


Deel met vriende