WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA02_2020

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA02_2020

geplaas op 14:37 (GMT+2) Do., 20 Aug. 2020

Die week se daling kan toegeskryf word aan die voortdurende onsekerheid in wêreldmarkte / This week's decrease can be attributed to the continuing uncertainty in global markets

MARKANALISE

Die 2de wolveiling van die 2020/21 wolseisoen het hierdie week op die 19de Augustus plaasgevind en die Cape Wools Merino aanwyser het met 4.1% gedaal teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R131.68/kg gesluit. Die Australiese EMI het met 5.9% verswak. Die Rand het 1.1% sterker verhandel teen die VSA Dollar en het 0.4% verswak teen die Euro, ooreenstemmende tyd van die vorige veiling. Die grootste daling van 10.3% was in die 22.5 mikron segment.

Standard Wool SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Lempriere SA, Stucken & Co en G.Modiano SA. Daar is in totaal 7578 bale aangebied, waarvan 92.2% verkoop is.

Op die OVK veiling is 2062 bale aangebied waarvan 84.6% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling van R137.00/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot BFH van 16.4 mikron, uit die skeersel van Greeff Boerdery BK, Willowmore. Die koper was Standard Wool SA. Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Die week se daling kan toegeskryf word aan die voortdurende onsekerheid in wêreldmarkte, wat nog geruime tyd kan voortduur. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 16.9% laer as die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen. Vandeesweek se veiling het weereens getoon dat volhoubaar gesertifiseerde wol steeds goeie aandag geniet en het gesorg vir gesonde kompetisie onder kopers. Produsente kan dus gerus kennis neem hiervan.

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Geen veiling is vir volgende week geskeduleer nie. Dit hervat op 2 September en vind dan weekliks plaas tot die 2de Desember.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.


MARKET ANALYSES

The 2nd wool auction of the 2020/21 season took place this week on the 19th of August and the Cape Wools Merino indicator traded 4.1% lower compared to the previous sale and closed at a clean price of R131.68/kg. The Australian EMI decreased by 5.9%. The Rand traded 1.1% stronger against the US Dollar and 0.4% weaker to the Euro, compared to the rate of the previous sale. The largest decrease this week of 10.3% was in the 22.5 micron segment. 

Standard Wool SA was the major buyer on the auction this week, followed by Lempriere SA, Stucken & Co and  G.Modiano SA. A total of 7578 bales were on offer, of which 92.2% was sold. 

On the OVK auction 2062 bales were offered of which 84.6% was sold. The highest price on the OVK auction, of R137.00/kg was achieved for a 1 bale lot BFH of 16.4 microns from the clip of Greeff Boerdery BK, Willowmore. The buyer was Standard Wool SA. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

This week's decrease can be attributed to the continuing uncertainty in global markets, which could still last for some time to come. The receival of wool in the brokers’ stores this week is 16.9% lower, compared to the same time of the previous season. This week’s auction showed again that sustainable certified wool still enjoys good attention and attracted healthy competition amongst buyers. 

Producers have to take note of this. We invite farmers to contact OVK for assistance in the certification process. No auction is scheduled for next week. It will resume the on 12 September on a weekly basis until the 2nd of December. 

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

WOLMARKVERSLAG/WOOL MARKET REPORT : CE28...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE27...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE25...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE24...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOLMARKET REPORT CE23...


Lees Meer