WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA04_2020

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA04_2020

geplaas op 08:42 (GMT+2) Do., 10 Sep. 2020

Daar is 'n positiewe wending in die wolmark / There is a positive turn in the wool market.

MARKANALISE

Die 4de wolveiling van die 2020/21 wolseisoen het hierdie week op die 9de September plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 1.1% gestyg teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R119.91/kg gesluit. Die Australiese EMI het met 3.7% versterk. Die Rand het 0.6% swakker verhandel teen die VSA Dollar en het 0.9% verswak teenoor die Euro, teenoor die ooreenstemmende tyd van die vorige veiling. Die grootste styging van 2.9% was in die 20.5 mikron segment. Lempriere SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Tianyu SA, G.Modiano SA en Standard Wool SA. Daar is in totaal 6881 bale aangebied, waarvan 93.3% verkoop is.

Op die OVK veiling is 1195 bale aangebied waarvan 90.6% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling van R119.00/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot BH van 16.9 mikron, uit die skeersel van NC Paul Family Trust, Richmond (Noord-Kaap). Die koper was Standard Wool SA. Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Die week se styging is die gekombineerde gevolg van beide die verbetering in die Australiese mark en die verswakking van die rand teenoor die vernaamste geldeenhede. Dit is voorwaar 'n positiewe wending in die mark. As gevolg van die groot volumes voorraad, in beide Suid-Afrikaanse en Australiese wolstore, gaan dit egter 'n geruime tyd neem vir die mark om volledig te herstel. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 17.1% laer as die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen.

Volhoubaar gesertifiseerde, goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling en gesorg vir gesonde kompitisie onder kopers. Produsente kan gerus kennis neem hiervan. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSES

The 4th wool auction of the 2020/21 season took place this week on the 9th of September. The Cape Wools Merino indicator traded 1.1% higher compared to the previous sale and closed at a clean price of R119.91/kg. The Australian EMI increased by 3.7%. The Rand traded 0.6% weaker against the US Dollar and 0.9% weaker to the Euro, compared to the rate of the previous sale. The largest increase this week of 2.9%, was in the 20.5 micron segment. Lempriere SA was the major buyer on the auction this week, followed by Tianyu SA, G.Modiano SA and Standard Wool SA. A total of 6881 bales were on offer, of which 93.3% was sold.

On the OVK auction 1195 bales were offered, of which 90.6% was sold. The highest price on the OVK auction, of R119.00/kg, was achieved for a 1 bale lot BH of 16.9 microns, from the clip of NC Paul Family Trust, Richmond (Northern Cape). The buyer was Standard Wool SA. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

This week's increase, is the combined effect of both the Australian market, showing an improvement and the weakening of the Rand against major currencies. This is for sure a positive turn in the market. Although, because of the large stockpile in both the South-African and Australian store, the market will take some time to fully recover. The receival of wool in the brokers’ stores this week is 17.1% lower, compared to the same time of the previous season.

Sustainable certified, good quality Merino wool, was in high demand today and enjoyed healthy competition amongst the buyers. Producers have to take note of this. We invite farmers to contact OVK for assistance in the certification process.    

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.                  

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

May
January
February
March
April
May
June
July
August
September
October
November
December
2025
1950
1951
1952
1953
1954
1955
1956
1957
1958
1959
1960
1961
1962
1963
1964
1965
1966
1967
1968
1969
1970
1971
1972
1973
1974
1975
1976
1977
1978
1979
1980
1981
1982
1983
1984
1985
1986
1987
1988
1989
1990
1991
1992
1993
1994
1995
1996
1997
1998
1999
2000
2001
2002
2003
2004
2005
2006
2007
2008
2009
2010
2011
2012
2013
2014
2015
2016
2017
2018
2019
2020
2021
2022
2023
2024
2025
2026
2027
2028
2029
2030
2031
2032
2033
2034
2035
2036
2037
2038
2039
2040
2041
2042
2043
2044
2045
2046
2047
2048
2049
2050
SunMonTueWedThuFriSat
27
28
29
30
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
00:00
01:00
02:00
03:00
04:00
05:00
06:00
07:00
08:00
09:00
10:00
11:00
12:00
13:00
14:00
15:00
16:00
17:00
18:00
19:00
20:00
21:00
22:00
23:00