WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA18_2020

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA18_2020

geplaas op 20:03 (GMT+2) Wo., 20 Jan. 2021

Cape Wools Merino aanwyser daal met 0.5% en 96.9% van die aanbieding is verkoop / Cape Wools Merino indicator decreases by 0.5% and 96.9% of the offering was sold

MARKANALISE.

Die 18de wolveiling van die 2020/21 seisoen, het hierdie week, op 20 Januarie plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 0.5% verswak teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R151.45/kg gesluit. Die Australiese EMI het met 1.5% verstrek teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 2.7% sterker verhandel teen die VSA Dollar en 3.2% sterker teen die Euro. Die grootste styging van 3.0%, was in die 18.0 mikron segment. G.Modiano SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Lempriere SA, Standard Wool SA en Tianyu SA. Daar is in totaal 14237 bale aangebied, waarvan 96.9% verkoop is.

Op die OVK veiling is 3246 bale aangebied waarvan 94.9% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R182.60/kg, is behaal vir ‘n 3 baal lot AFY van 16.8 mikron, uit die skeersel van B Cronje, Barkly-Oos. Die koper was Lempriere SA. Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

DIe versterking van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede, was die oorwegende rede vir die daling in die SA wolmark hierdie week. Wêreldekonomië behoort te stabiliseer met die Covid-19 entstof wat beskikbaar gestel is. Die Chinese Nuwejaarvieringe kan egter die mark moontlik sywaarts laat beweeg. Die versterking van wêreldekonomieë, kan egter ook 'n stabiliserende en versterkende effek op die wolmark, in die komende jaar tot  gevolg hê. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 1.0% hoër vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen.

Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling en gesorg vir gesonde kompetisie tussen kopers. Sertifisering is 'n toekomsneiging wat gekom het om te bly en dit word weerspieël in die 30% plus van die aanbieding wat bestaan uit RWS gesertifiseerde wol. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 27 Januarie 2021.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

 

MARKET ANALYSES

The 18th wool auction of the 2020/21 season, took place this week on 20 January. The Cape Wools Merino indicator traded 0.5% lower, compared to the previous sale and closed at a clean price of R151.45/kg. The Australian EMI also increased by 1.5%, compared to the previous sale. Compared to the rate of the previous sale, the Rand traded 2.7% stronger against the US Dollar and 3.2% weaker to the Euro. The largest increase this week, of 3.0%, was in the 18.0 micron segment. G.Modiano SA was the major buyer on the auction this week, followed by Lempriere SA, Standard Wool SA and Tianyu SA. A total of 14237 bales were on offered, of which 96.9% was sold.

On the OVK auction 3246 bales were offered, of which 94.9% was sold. The highest price on the OVK auction, of R182.60/kg, was achieved for a 3 bale lot AFY of 16.8 microns, from the clip of the B Cronje, Barkly East. The buyer was Lempriere SA. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

The strenthening of the Rand, compared to the main currencies, was the predominant reason for the decrease in the SA wool market this week. World economies should stabilise, with the Covid-19 vaccine which has been made available. The Chinese New year celebrations however, might possibly have a sideways movement effect on the market. The strengthening of global economies might have a stabilising and recovering effect on the wool market in the year ahead.  The receival of wool in the brokers’ stores this week is 1.0% higher compared to the same time of the previous season.

Sustainable certified (RWS) good quality Merino wool, again enjoyed good attention on the auction and saw healthy competition amongst buyers. Certification is a future trend that came to stay and that is reflected in the fact that 30% plus of the offering each week, consists of RWS certified wool. We invite farmers to contact OVK for assistance in the certification process. The next wool auction is scheduled for 27 January 2021.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE27...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE25...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE24...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOLMARKET REPORT CE23...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE22...


Lees Meer