WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA28_2020

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA28_2020

geplaas op 18:01 (GMT+2) Wo., 14 Apr. 2021

Cape Wools Merino aanwyser daal met 3.4% en 93.1% van die aanbieding is verkoop / Cape Wools Merino indicator decreases by 3.4% and 93.1% of the offering was sold

MARKANALISE

Die 28ste wolveiling van die 2020/21 seisoen, het op 14 April plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 3.4% gedaal teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R155.63/kg gesluit. Die Australiese EMI het met 1.2% verswak teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 2.0% sterker verhandel teen die VSA Doller en het ook 1.1% versterk teen die Euro. Die grootste daling van 5.3%, was in die 20.5, 21.5 en die 22 mikron segment. Standard Wool SA  het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur G. Modiano SA, Lempriere SA en Tianyu SA. Daar is in totaal 12 231 bale aangebied, waarvan 93.1% verkoop is.

Op die OVK veiling is 3 207 bale aangebied waarvan 87.3% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R184.80/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot BNKS van 16.2 mikron, uit die skeersel van Die Kerneels Greyling Trust, Wakkerstroom.  Die koper was Standard Wool SA . Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Die daling in die SA wolmark die week, kan toegeskryf word aan die versterking van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede, asook 'n navolging in die verswakking van die Australies mark. Hierdie tendens behoort voort te duur op die kort tot medium termyn, as gevolg van 'n steeds relatief pap wêreldekonomie. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 5.0% laer vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen.

Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling en gesorg vir gesonde kompetisie tussen kopers. Sertifisering is 'n neiging wat gekom het om te bly en produsente kan gerus kennis neem daarvan. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Produsente moet kennis neem dat die laaste wolinweegdatum van die seisoen op 12 Mei sal wees. Dit is vir katalogus CA34. Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 21 April 2021.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSES

The 28th wool auction of the 2020/21 season, took place on 14 April. The Cape Wools Merino indicator traded 3.4% lower, compared to the previous sale and closed at a clean price of R155.63/kg. The Australian EMI decreased by 1.2%, compared to the previous sale. The Rand traded 2.0% stronger against the US Dollar and also strengthened by 1.1% to the Euro, compared to the previous auction. The largest decrease this week of 5.3% was in the 20.5, 21.5 and the 22 micron segment. Standard Wool SA was the major buyer on this auction, followed by G. Modiano SA, Lempriere SA en Tianyu SA. A total of 12 231 bales were on offer, of which 93.1% was sold.

On the OVK auction 3 207 bales were offered, of which 87.3% was sold. The highest price on the OVK auction, of R184.80/kg, was achieved for a 1 bale lot BNKS of 16.2 microns, from the clip of Die Kerneels Greyling Trust from Wakkerstroom. The buyer was Standard Wool SA. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

The decrease in the SA wool market this week can be attributed to the strengthening of the Rand against the most important currencies, as well as the following of the weakening of the Australian market. This tendency should continue in the short to medium term, because of a still relatively flat global economy. The receival of wool in the brokers’ stores this week is 5.0% lower, compared to the same time of the previous season.

Sustainable certified (RWS) good quality Merino wool, again enjoyed good attention on the auction and saw healthy competition amongst buyers. Certification is a tendency that came to stay and producers must take note of this trend. We invite farmers to contact OVK for assistance in the certification process.  Producers must take note that the last wool weigh-in date for this season, will be on 12 May. That is for catalogue CA34. The next wool auction is scheduled for 21 April 2021.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende