WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB05_2021

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB05_2021

geplaas op 17:41 (GMT+2) Wo., 15 Sep. 2021

Cape Wools Merino aanwyser daal met 2.8% en 94.6% van die aanbieding is verkoop / Cape Wools Merino indicator decreases by 2.8% and 94.6% of the offering was sold

MARKANALISE

Die 5de wolveiling van die 2021/2022 seisoen, het op 15 September plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 2.8% gedaal teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R162.43/kg gesluit. Die Australiese EMI het egter met 0.5% versterk teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 0.8% swakker verhandel teen die VSA Doller en het ook 1.0% verswak teen die Euro. Die grootste daling van 3.5% op hierdie veiling, was in die 22.0 mikron segment. G. Modiano SA,  het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Tianyu SA, Standard Wool SA en Lempriere SA. Daar is in totaal 5 559 bale aangebied, waarvan 94.6% verkoop is.

Op die OVK veiling is 910 bale aangebied waarvan 87.5% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R219.50/kg, is behaal vir ‘n 2 baal lot BFH van 16.5 mikron, uit die skeersel van BA Burger, van Cathcart.  Die koper was Segard Masurel SA . Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Die sywaartse beweging in die Australiese wolmark, saam met die afwaartse neiging van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede, kan 'n positiewe invloed op die Suid-Afrikaanse wolmark hê in die kort tot medium termyn. As gevolg van die lae volumes wol ontvang die afgelope tyd, is daar besluit om katalogis 6 met een week aan te skuif. Daar sal dus nie 'n veiling wees volgende week nie. Katalogisse 6 en 7 sal dan gelyktydig verkoop word op 29 September. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 14.8% laer, vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen. Een van die redes vir die laer ontvangstes, kan die gevolg wees van die erge koue wat die afgelope weke ondervind is in groot produksiegebiede en skeertye dus aangepas moes word.

Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling en gesorg vir gesonde kompetisie tussen kopers. Ons nooi weereens produsente uit om te skakel met OVK, om u by te staan in die RWS sertifiseringsproses. Die volgende veiling is dan geskeduleer vir  29 September 2021.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSES

The 5th wool auction of the 2021/2022 season, took place on 15 September. The Cape Wools Merino indicator traded 2.8% lower, compared to the previous sale and closed at a clean price of R162.43kg. The Australian EMI increased by 0.5% though, compared to the previous sale. The Rand traded 0.8% weaker against the US Dollar and also lost 1.0% to the Euro, compared to the previous auction. The largest decrease on this auction, of 3.5%, was in the 22.0 micron segment. G. Modiano SA was the major buyer on this auction, followed by Tianyu SA, Standard Wool SA and Lempriere SA. A total of 5 559 bales were on offer, of which 94.6% was sold. On the

OVK auction 910 bales were offered, of which 87.5% was sold. The highest price on the OVK auction, of R219.50/kg, was achieved for a 2 bale lot BFH of 16.5 microns, from the clip of BA Burger from Cathcart. The buyer was Segard Masurel SA. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

The sideways movement of the Australian wool market, along with the downward tendency of the Rand against the most influencial currencies, may have a positive influence on the South-African wool market in the short to medium term. Because of the low wool receivals lately, a decision was made to move catalogue 6 forward by one week. Therefore no auction will take place next week. Catalogues 6 and 7 will now be on sale simultaneously, on the 29th of September. The receival of wool in the brokers’ stores this week is 14.8% lower, compared to the same time of the previous season. One of the main reasons for the low receivals, could be duo to the recent extremely cold conditions that was experienced in large production areas, which forced farmers to reschedule shearing times.

Sustainable certified (RWS), good quality Merino wool, again enjoyed good attention on the auction and saw healthy competition amongst buyers. We again invite farmers to contact OVK for assistance in the RWS certification process. The next auction is scheduled for 29 September 2021.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende