SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W16 - 2021

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W16 - 2021

geplaas op 07:30 (GMT+2) Wo., 08 Des. 2021

OVK sluit die winter sybokhaar seisoen op 'n hoë noot!!!

MARKANALISE

Die 7de en laaste sybokhaarveiling van die 2021 winterseisoen het vandag op 7 Desember plaasgevind, met 'n gemiddelde markaanwyser wat met 2% gestyg het invergelyking met die vorige veiling. Sterk kompetisie het geheers tussen kopershuise. RMS gesertifiseerde bokhaar het goeie kompetisie uitgelok. Kleinbokkiehaar styg met 1% en die markaanwyser sluit op R635.46/kg en 100% is verkoop. Jongbokhaar was onveranderd en het gesluit op R479.23/kg en 100% is verkoop. Fyn grootbokhaar styg met 2%, die markaanwyser sluit op R388.18/kg en daar is ook 100% verkoop. Sterk grootbokhaar styg met 5% en sluit op R328.04/kg en 100% is verkoop. OVK se gemiddeld vir die veiling is R417.93/kg en die Nasionale Markaanwyser was R403.17/kg. OVK se bins het weereens uitstekend verkoop! Die hoogste prys van R750/kg is behaal deur 'n OVK bin, nie net was dit die hoogste prys vir 'n bin lot nie maar ook die hoogste prys vir die totale veiling op die dag. Die koper was New England Wool SA. OVK wil graag sy kliënte bedank vir hulle ondersteuning en vertroue deur die seisoen, saam met ons getroue kliënte en ons top bokhaar span groei OVK se markaandeel van krag tot krag. OVK wens sy kliënte 'n geseënde kersfees en 'n voorspoedige nuwejaar gevul met baie reën en liefde. Saam bereik ons meer!!

MARKVOORUITSIGTE

Die vooruitsigte vir die komende 2022 somerseisoen is positief. Die eerste veiling van die somerseisoen vind plaas op die 15de Februarie 2022. So berig deur Gerrit van Heerden, Sybokhaar Bestuurder. 082 854 8604

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings.  Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSIS

The 7th and final mohair auction of the 2021 winter season took place today, 7 December, with an average market indicator rising by 2% compared to the previous auction. Strong competition prevailed between buyer houses. RMS certified mohair has provoked good competition. Kid mohair increases by 1% and the market indicator closed at R635.46/kg and 100% was sold. Young goat mohair was unchanged and closed at R479.23/kg and 100% was sold. Fine adult mohair increased by 2%, the market indicator closed at R388.18/kg and 100% was also sold. Strong adult mohair increased by 5% and closed at R328.04/kg and 100% was sold. OVK's average for the auction was R417.93/kg and the National Market Indicator was R403.17/kg. OVK's bins once again sold excellently! The highest price of R750/kg was achieved by an OVK bin, not only was it the highest price for a bin lot but also the highest price for the total auction on the day. The buyer was New England Wool SA. OVK would like to thank its producers for their support and trust throughout the season, together with our loyal producers and our top mohair team, OVK's market share is growing from strength to strength. OVK wishes its producers a Merry Christmas and a prosperous New Year filled with lots of rain and love. Together we achieve more!!

MARKET OUTLOOK

The outlook for the upcoming 2022 summer season is positive. The first auction of the summer season will take place on the 15th of February 2022. So reported by Gerrit van Heerden, Mohair Manager. 082 854 8604 

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende