SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT S07 - 2022

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT S07 - 2022

geplaas op 20:58 (GMT+2) Wo., 08 Jun. 2022

Laaste Sybokhaar veiling vir die seisoen!!

MARKANALISE

Die laaste veiling van die 2022 Somerseisoen het vandag 7 Junie 2022 in Port Elizabeth plaasgevind. Die aanbod het bestaan uit ‘n gemengde kwaliteit, met enkele goeie individuele skeersels. Die SA geldeenheid het sterker vertoon, in vergelyking met die vorige veiling wat druk geplaas het op die sybokhaar.  Die markaanwyser het met 2% gedaal en sluit op R404.50/kg. Kleinbokkiehaar daal met 1%, jongbokhaar en fyn grootbokhaar daal met 4% en sterk grootbokhaar daal met 4%. OVK bins het soos in die verlede weereens goed presteer, met die hoogste prys van R749.90/kg. Die volgende produsente was in die lot: A. Jordaan, Adolph van Rensburg Familie Trust, Snywyk Bdy (BK) en Kuikendieffontein (PTY) LTD. Die hoogste produsente lot wat verkoop het by OVK was Die Evert Trust van Wilowmore vir ‘n baal BFFK van 24.4 mikron. Die baal is verkoop vir R745.10/kg en Mosenthals was die koper.

MARKVOORUITSIGTE

Die eerste veiling van die 2022 Winterseisoen sal plaasvind op die 16de Augustus 2022 te Port Elizabeth. Saad tipes sal steeds onderdruk verkeer en goeie pryse kan verwag word vir saadvrye bokhaar. So berig Gerrit van Heerden, Sybokhaarbestuurder. 082 854 8604.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings.  Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 32 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

 

MARKET ANALYSIS

The last auction of the 2022 Summer Season took place today, 7 June 2022 in Port Elizabeth. The offer consisted of a mixed quality, with some good individual clips. The SA currency performed stronger, compared to the previous auction which put pressure on mohair. The market indicator decreased by 2% and closed at R404.50/kg. Kid mohair decreased by 1%, young goat mohair and fine adults decreased by 4% as well strong adult mohair decreased by 4%. As in the past, OVK bins once again performed well, with the highest price of R749.90/kg. The following producers in the lot were: A. Jordaan, Adolph van Rensburg Family Trust, Snywyk Bdy (CC) and Kuikendieffontein (PTY) LTD. The highest producer lot sold at OVK was The Evert Trust from Wilowmore for a bale BFFK of 24.4 microns. The bale was sold for R745.10/kg and Mosenthals was the buyer.

MARKET OUTLOOK

The first auction of the 2022 Winter Season will take place on the 16th of August 2022 in Port Elizabeth. Seed types will still be suppressed and good prices will be expected for seed free mohair. So reported Gerrit van Heerden, Mohair Manager. 082 854 8604.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 32 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende