MARKANALISE
Op wolveiling CF30 het die Cape Wools Merino-aanwyser met 2.5% gedaal en teen 'n skoon prys van R175.00/kg vir alle Merino-wol gesluit. Vir gesertifiseerde wol het dit met 1.8% gedaal en teen 'n skoon prys van R179.56/kg afgesluit. Op die OVK-veiling is 2821 bale aangebied, waarvan meer as 97% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK-veiling, R170.00/kg (skoon prys: R234.90/kg), is behaal vir 'n een-baal-lot BH van 15.5 mikron. Dit kom uit die skeersel van Sceitimini Farming in die Harrismith-distrik.Die koper was Standard Wool SA. Baie geluk met hierdie prestasie!
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 37.5 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARKET ANALYSES
On wool auction CF30 the Cape Wools Merino indicator decreased by 2.5% and closed at a clean price of R175.00/kg for all Merino wool. For certified wool, it decreased by 2.5% and closed at a clean price of R179.56/kg. On the OVK auction 2821 bales were offered, of which more than 97% was sold. The highest price on the OVK auction, of R170.00/kg (clean price: R234.90/kg), was achieved by Sceitimini Farming from the Harrismith district for a one-bale lot BH of 15.5 micron. The buyer was Standard Wool SA. Congratulations on this achievement!
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact the OVK Fibre offices in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Producers must also bear in mind that the OVK loyalty scheme awards farmers 37.5 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.
Kliek hier om die volle verslag te lees