MARKANALISE
Op wolveiling CG03 het die Cape Wools Merino-aanwyser met 1.0% gestyg en teen 'n skoon prys van R179.53/kg vir alle Merino-wol gesluit. Vir gesertifiseerde wol het dit met 1.4% gestyg en teen 'n skoon prys van R184.35/kg afgesluit. Op die OVK-veiling is 1391 bale aangebied, waarvan meer as 99% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK-veiling, R162.70/kg (skoon prys: R230.16/kg), is behaal vir 'n 2-baal-lot BMY van 16.9 mikron. Dit kom uit die skeersel van Pieter vd Merwe Boerdery in die Richmond-distrik.Die koper was Standard Wool SA. Baie geluk met hierdie prestasie!
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 37.5 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARKET ANALYSES
On wool auction CG02 the Cape Wools Merino indicator increased by 1.0% and closed at a clean price of R179.53/kg for all Merino wool. For certified wool, it increased by 1.4% and closed at a clean price of R184.35/kg. On the OVK auction 1391 bales were offered, of which more than 99% was sold. The highest price on the OVK auction, of R162.70/kg (clean price: R230.16/kg), was achieved by Pieter vd Merwe Boerdery from the Richmond district for a 2-bale lot BMY of 16.9 micron. The buyer was Standard Wool SA. Congratulations on this achievement!
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact the OVK Fibre offices in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Producers must also bear in mind that the OVK loyalty scheme awards farmers 37.5 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.