SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W14 - 2025

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W14 - 2025

geplaas op 07:55 (GMT+2) Wo., 12 Nov. 2025

Hoogste Bin prys op OVK en Openbare veiling: OVK BINS het die tendens van die vorige paar veilings gevolg en weereens die hoogste BIN prys vir die dag behaal. Hierdie baal BSFFK van 24.9 mikron is vir R750.10/kg verkoop en die produsente in hierdie B

MARKANALISE

Die vyfde veiling van die 2025-winterseisoen, wat op 11 November 2025 in Port Elizabeth gehou is, het weereens sterk vertroue in die sybokhaarbedryf beklemtoon. ’n Totaal van 147 032 kg is aangebied, waarvan 96% verkoop is. Die aanbieding het uit goeie gehalte sybokhaar bestaan, waarvan 81% RMS-gesertifiseer was. Dit is ‘n bewys van die bedryf se voortdurende verbintenis tot volhoubare produksie.

Ten spyte daarvan dat die Rand effens sterker teenoor die Dollar verhandel het vergeleke met die vorige veiling, het die mark sy positiewe momentum gehandhaaf. Kopers het aktief meegeding vir die goed voorbereide skeersels wat aangebied is, wat getuig van sterk internasionale aanvraag en gesonde mededinging tussen die kopers.

Die gemiddelde markaanwyser het gesluit op R362.43/kg, wat ’n styging van 1% in Rand-terme verteenwoordig teenoor die vorige veiling.

Die hoogste Bin prys op OVK veiling:

OVK BINS het die tendens van die vorige paar veilings gevolg en weereens die hoogste BIN prys vir die dag behaal. Hierdie baal BSFFK van 24.9 mikron is vir R750.10/kg verkoop en die produsente in hierdie BIN was Peet de Klerk Familie Trust en RJ Gillmer en Seun Boerdery (Pty) Ltd. Die koper was VBC.

Die hoogste Produsente baal op die OVK veiling:

OVK se produsente het goed presteer en die hoogste prys op die OVK veiling  was behaal deur Doorndraai Farms  van Aberdeen vir ‘n baal BSFFK van 24.8 mikron. Die koper was Suedwolle.

MARKVOORUITSIGTE

Die vyfde veiling van die 2025 winterseisoen vind plaas op 11 November 2025. So berig Gerrit van Heerden, Bokhaar Bestuurder. Kontak hom by 082 854 8604.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings.  Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 35 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

 

MARKET ANALYSIS

The fifth sale of the 2025 winter season, held in Port Elizabeth on 11 November 2025, once again highlighted the solid confidence in the mohair market. A total of 147 032 kg was offered, with an impressive 96% sold. The offering consisted of good-quality mohair, with 81% RMS-certified, reinforcing the industry’s ongoing commitment to sustainable production.

Despite a slightly stronger Rand against the US dollar compared to the previous sale, the market maintained its positive momentum. Buyers competed actively for the well-prepared clips on offer, reflecting strong international demand and healthy competition amongst the buyers.

The average market indicator closed at R362.43/kg, marking a 1% increase in Rand terms compared to the previous sale.

Highest Bin Price at OVK Auction:

OVK BINs followed the trend of the previous few sales and once again achieved the highest BIN price of the day. This BSFFK bale of 24.9 micron was sold for R750.10/kg, and the producers in this BIN were Peet de Klerk Family Trust and RJ Gillmer & Son Farming (Pty) Ltd. The buyer was VBC.

Highest Producer Bale at the OVK Auction:

OVK’s producers performed well, with the highest price on the OVK auction achieved by Doorndraai Farms  from Aberdeen, for a BSFFK bale of 24.8 microns. The buyer was Suedwolle.


 MARKET OUTLOOK

The fifth auction of the 2025 winter season will take place on the 11th of November 2025. So reports Gerrit van Heerden, Mohair Manager. Contact him on 082 854 8604.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 35 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer