SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W15 - 2025

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W15 - 2025

geplaas op 06:51 (GMT+2) Vr., 28 Nov. 2025

SEISOENREKORD PRYS!

MARKANALISE

Die voorlaaste veiling van die 2025-winterseisoen het op 25 November 2025 plaasgevind, met ’n aanbod van 123 155 kg  waarvan 96% verkoop is. Die aanbieding het bestaan uit bokhaar van uitstekende gehalte, waarvan 87% onder die Responsible Mohair Standard (RMS) gesertifiseer is. Daar was sterk mededinging tussen al die kopers, wat ’n lewendige atmosfeer in die veilingslokaal geskep het. Dit was veral opmerklik vir die beter gehalte skeersels  wat aangebied is. Die gemiddelde markaanwyser het op R362.91/kg gesluit, wat onveranderd is teenoor die vorige veiling. Die hoogste prys van R950.00/kg is behaal vir ’n baal superstyl-kleinbokkiehaar van 24.9 mikron met ’n uitsonderlike skoonopbrengs van 96%. Veels geluk aan Kobus Lötter van Du Preezskraal, Willowmore, met hierdie uitmuntende prestasie. Die finale veiling van die 2025-winterseisoen sal op 9 Desember 2025 plaasvind.

Die hoogste Bin prys op OVK en Openbare veiling:

OVK BINS het die tendens van die afgelope paar veilings voortgesit en weereens die hoogste BIN-prys van die dag behaal. ’n Baal BSFFK van 25.1 mikron is vir R725.10/kg verkoop. Die produsente in hierdie BIN was De Rust Farming (Pty) Ltd, N. Rossouw en WJ Janse van Rensburg. Die koper was VBC.

Die hoogste produsente baal op die OVK en Openbare veiling:

NUWE SEISOENREKORD!

OVK se produsente het uitstekend presteer, en die hoogste prys op beide die OVK -én Openbare veiling, naamlik R950.00/kg, is behaal deur Kobus Lötter van Du Preezskraal Angoras, Willowmore. Hierdie baal BSFFK het 24.9 mikron getoets met ‘n 96% skoonopbrengs. Die koper was VBC.

Ons is trots op al ons produsente en waardeer hul volgehoue lojaliteit en ondersteuning.

MARKVOORUITSIGTE

Die laaste veiling van die 2025 winterseisoen vind plaas op 09 Desember 2025. Gerrit van Heerden, Bokhaar Bestuurder. Kontak hom by 082 854 8604.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings.  Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 37.5 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.


 MARK ANALYSIS

The penultimate sale of the 2025 winter season took place on 25 November 2025, offering 123 155 kg of mohair, of which 96% was sold. The catalogue featured mohair of excellent quality, with 87% of the offering certified under the Responsible Mohair Standard (RMS). Strong competition among all buyers created a vibrant atmosphere in the auction room, particularly for the higher-quality clips on offer. The average market indicator closed at R362.91/kg, remaining unchanged from the previous sale. The top price of R950.00/kg was achieved for a bale of super-style kid mohair measuring 24.9 micron with an exceptional yield of 96%. Congratulations to Kobus Lötter of Du Preezskraal, Willowmore, on this outstanding achievement. The final sale of the 2025 winter season will take place on 9 December 2025.

The highest Bin price on OVK and Public auction:

OVK BINS continued the trend seen over the past few auctions and once again achieved the highest BIN price of the day.
 A BSFFK bale measuring 25.1 micron sold for R725.10/kg. The producers represented in this BIN were De Rust Farming (Pty) Ltd, N Rossouw, and WJ Janse van Rensburg. The buyer was VBC.

The highest producer bale on OVK and Public auction: 

NEW SEASON RECORD!

OVK producers delivered exceptional results as the highest price on both the OVK and Public auction of R950.00/kg was secured by Kobus Lötter of Du Preezskraal Angoras, Willowmore. This BSFFK bale measured 24.9 micron with a yield of 96%. The buyer was VBC.

We are proud of all our producers and sincerely appreciate their loyal and continued support.

MARKET OUTLOOK

The last auction of the 2025 winter season will take place on the 09th of November 2025. Gerrit van Heerden, Mohair Manager. Contact him on 082 854 8604.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 37.5 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Vorige Verslae

Honger tekens by Mielies...


Lees Meer

Mielie kultivar proef Resultate...


Lees Meer

Guar is profitable for farmers ...


Lees Meer

Koringkultivar Proef Resultate...


Lees Meer