SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W16 - 2025

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W16 - 2025

geplaas op 07:29 (GMT+2) Wo., 10 Des. 2025

HOOGSTE PRODUSENTE BAAL EN HOOGSTE BIN BAAL BEHAAL.

MARKANALISE

Die laaste veiling van die 2025 winterseisoen is op 9 Desember aangebied met ’n totale aanbod van 104 477 kg, waarvan 95% verkoop is. Ten spyte daarvan dat die Rand sterker teenoor die Dollar verhandel het, het kopers deurgaans mededingend deelgeneem aan die veiling. Weens die beperkte hoeveelheid wat aangebied is, is dit uitdagend om formele markverslag saam te stel. In geheel gesien het marktoestande egter grotendeels stabiel gebly. Die gemiddelde markaanwyser het met 2% teenoor die vorige veiling gedaal en op R355.65/kg gesluit. ’n Topprys van R800.00/kg is behaal vir ’n baal 25 mikron goeie styl kleinbokkiehaar. Om dinge net meer in konteks te plaas was die gemiddelde markaanwyser vir die laaste veiling van die 2024-winterseisoen R335.91/kg, wat 6% laer is as die markaanwyser van vandag.

Ons wens u ’n geseënde Kersfees en ’n voorspoedige nuwe jaar toe. Die eerste veiling van die 2026 Somerseisoen sal op 10 Februarie 2026 plaasvind.

Die hoogste Bin prys op OVK en Openbare veiling:

OVK BINS het 6 uit 7 veilings vir die seisoen die hoogste BIN prys vir die dag behaal wat dan ook 86% van die seisoen is. Vandag was weereens nie ‘n uitsondering nie. ‘n Baal BSFFK van 25.2 mikron is vir R740.00/kg verkoop. Die produsente in hierdie BIN was: Weltevreden Merinos, PK Steynberg, FEC Farming (PTY) LTD, OD Hugo en C Wilken. Die koper was VBC.

Die hoogste produsente baal op die OVK en Openbare veiling:

OVK het ’n uitstekende winterseisoen gehad met 5 uit die 7 veilings waar ons produsente die hoogste Produsente prys  op die veiling behaal het. Dit is dan ook 72% van die seisoen. Vir die laaste veiling van die seisoen is ’n baal BSFFK van 25.4 mikron van FEC Farming van Willowmore vir R800.00/kg verkoop. Die koper was VBC.

Ons wil al ons produsente bedank vir ’n wonderlike jaar. Saam bereik ons meer!

 

MARKVOORUITSIGTE

Die eerste somerseisoen veiling vind plaas op die 10de Februarie 2026

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings.  Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 37.5 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARK ANALYSIS

The final sale of the 2025 winter season was held on 9 December, with a total offering of 104,477 kg, of which 95% was sold. Despite the Rand trading stronger against the Dollar, buyers engaged in firm and competitive bidding throughout the sale. Due to the limited quantity on offer a formal market quotation is challenging. Overall, however, market conditions remained largely stable. The average market indicator declined by 2%compared with the previous sale, closing at R355.65/kgA top price of R800.00/kg was achieved for a bale of 25-micron, good style kid mohair. For context, the average market indicator for the final sale of the 2024 winter season was R335.91/kg, representing a 6% lower level than the closing indicator recorded today.

We wish you all a merry Christmas and a prosperous new year.  The first auction of the 2026 Summer season will take place on 10 February 2026.

The highest Bin price on OVK and Public auction:

OVK BINS achieved the highest BIN price of the day in 6 out of the 7 auctions which is 86% for the season. Today was no exception. A BSFFK bale measuring 25.2 micron was sold for R740.00/kg. The producers in this BIN were: Weltevreden Merinos, PK Steynberg, FEC Farming (PTY) LTD, OD Hugo, and C Wilken. The buyer was VBC.

The highest producer bale on OVK and Public auction: 

OVK producers performed well by clinching the highest Producer price of the day  5 out of 7 auctions which is 72% of the season. For the last sale of the season a BSFFK bale of 25.4 micron of FEC Farming from Willowmore was sold for R800.00/kg. The buyers was VBC.

We want to thank all our producers for a great year. Together we achieve more!

MARKET OUTLOOK

The first summer season auction will take place on the 10th of February 2026

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 37.5 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Vorige Verslae

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

OVK Weighbridge, 26 June 2020...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

OVK Weighbridge, 18 June 2020...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer