MARKANALISE
Op wolveiling CG22 het die Cape Wools Merino-aanwyser met 0.4% gestyg en teen 'n skoon prys van R238.43/kg vir alle Merino-wol gesluit. Vir gesertifiseerde wol het dit met 1.5% gestyg en teen 'n skoon prys van R247.23/kg afgesluit. Op die OVK-veiling is 3360 bale aangebied, waarvan meer as 98% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK-veiling, R244.00/kg (skoon prys: R338.56/kg), is behaal vir 'n 3-baal-lot BFFY van 16.2 mikron. Dit kom uit die skeersel van BP Greyling in die Wakkerstroom-distrik. Die koper was Standard Wool SA. Baie geluk met hierdie prestasie!
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 37.5 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARKET ANALYSES
On wool auction CG22 the Cape Wools Merino indicator decreased by 0.4% and closed at a clean price of R238.43/kg for all Merino wool. For certified wool, it decreased by 1.5% and closed at a clean price of R247.23/kg. On the OVK auction 3360 bales were offered, of which more than 98% was sold. The highest price on the OVK auction, of R244.00/kg (clean price: R338.56kg), was achieved by BP Greyling from the Wakkerstroom district for a 3-bale lot BFFY of 16.2 micron. The buyer was Standard Wool SA. Congratulations on this achievement!
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact the OVK Fibre offices in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Producers must also bear in mind that the OVK loyalty scheme awards farmers 37.5 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.
Kliek hier om die volle verslag te lees