SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W2614

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W2614

geplaas op 12:28 (GMT+2) Wo., 11 Nov. 2026

Die vyfde veiling van die 2026 – winterseisoen

MARKANALISE

Die vyfde veiling van die 2026 – winterseisoen het op 10 November 2026 plaasgevind, met 164 224 kg wat aangebied is, waarvan 64% verkoop is. 78% van die sybokhaar wat aangebied is, was RMS-gesertifiseer. Soortgelyk aan die vorige veiling het nie al die kopers aftief aan die veiling deelgeneem nie, met die twee grootste kopers wat die meerderheid van die sybokhaar wat aangebied is, gekoop het. Die mark ervaar steeds afwaartse druk as gevolg van swakker vraag vanuit die Verre Ooste weens weerstand van verbruikers. Daar word verwag dat hierdie tendens vir die res van die seisoen sal voortduur. Die gemiddelde markaanwyser het op R343.12/kg gesluit, wat n daling van 4% teenoor die vorige veiling verteenwoordig het.


Die hoogste BIN prys op die OVK veiling:

‘n Goeie-styl BSFFK baal van 25.3 mikron en skoonopbrengs van 87.4% is verkoop vir R830.00/kg. Die produsente in hierdie lot was: Koringdal BRDY Bedrywighede BK, WJ Janse Van Rensburg, ANDBELL (EDMS) BPK, K Perry, FJP Lotter, Arnida BDRY BK


Die hoogste Produsente baal op die OVK veiling:

Jacobskraal boerdery van Beaufort Wes het baal van 25.4 mikron en 'n skoonopbrengs van 87.6% verkoop vir R783.10/kg.


MARKVOORUITSIGTE

Die sesde winterseisoen veiling is geskeduleer vir 24 November 2026.


OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings.  Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 50 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.


MARK ANALYSIS

The fifth sale of the 2026 winter season took place on 10 November 2026, with 164 224 kg on offer of which 64% was sold. 78% of the mohair on offer was RMS certified. Similar to the previous sale, not all buyers competed actively during the sale with the two top makers purchasing the majority of the mohair on offer. The market continues to experience downward pressure due to a weaker demand from the Far East due to consumer resistance. This trend is likely to continue througout the rest of the season. The average market indicator closed on R343.12/kg which is 4% down compaired to the previous sale.


The highest BIN price on the OVK auction:

A Good style BSFFK bale of 25.3 micron and with a clean yield of 87.4% was sold for R830.00/kg. The producers in this lot were: Koringdal BRDY Bedrywighede BK, WJ Janse Van Rensburg, ANDBELL (EDMS) BPK, K Perry, FJP Lotter, Arnida BDRY BK


The highest Producer bale on the OVK auction:

Jacobskraal boerdery from Beaufort Wes  sold a bale of 25.4 micron with a clean yield of 87.6% for R783.10/kg.


MARKET OUTLOOK

The sixth sale of the winter season is scheduled for 24 November 2026


OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 50 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Vorige Verslae

OVK Weighbridge 14 November 2018...


Lees Meer

OVK Weighbridge 7 November 2018...


Lees Meer

OVK Weighbridge 31October 2018...


Lees Meer

OVK Weighbridge 24 October 2018...


Lees Meer

OVK Weighbridge 17 October 2018...


Lees Meer

Weekly State of Reservoirs in SA October ......


Lees Meer

OVK Weighbridge 10 October 2018...


Lees Meer

OVK Weighbridge 25 September 2018...


Lees Meer