SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W2615

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W2615

geplaas op 07:35 (GMT+2) Wo., 25 Nov. 2026

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W2615

MARKANALISE

Die voorlaaste veiling van die 2026-winterseisoen het op 24 November 2026 in Port Elizabeth plaasgevind, met 125 386 kg op aanbod, waarvan 64% verkoop is. Die aanbod het bestaan uit goeie en gemengde gehalte bokhaar waarvan 86% RMS-gesertifiseer was. Die Suid-Afrikaanse rand het swakker verhandel teenoor die Amerikaanse dollar te midde van onlangse ontwikkelings in Suid-Afrika se sosio-politieke landskap en die versterking van die Amerikaanse dollar. Nie alle kopers het aktief aan die veiling deelgeneem nie. Die twee grootste kopers het 92% van die bokhaar wat verkoop is, aangekoop. Die mark vir die sterker tipes bly onder druk weens swakker vraag vanuit China. Die gemiddelde markaanwyser het op R 346,04/kg gesluit, wat 1% hoër is as tydens die vorige veiling.


Die hoogste BIN prys op die OVK en Openbare veiling

‘n Goeie-styl BSFFK baal van 25.4 mikron en skoonopbrengs van 89.9% is verkoop vir R800.00/kg. Die produsente in hierdie lot was:  FJ du Toit, Ventersfontein Trust en Varsfontein Boerdery (PTY) LTD.


Die hoogste Produsente baal op die OVK veiling:

Fred Colborne van FEC Farming (PTY) LTD van Willowmore het vir n Superstyl CSFFK baal van 25.5 mikron met 'n skoonopbrengs van 93% verkoop vir R912.00/kg. Die koper was Suedwolle.


MARKVOORUITSIGTE

Die laaste winterseisoen veiling is geskeduleer vir 8 Desember 2026.


OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings.  Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 50 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

                   

MARK ANALYSIS

The second last sale of the 2026 winter season took place in Port Elizabeth on 24 November 2026 with 125 386 kg on offer of which 64% was sold. The offering consisted of good and mixed quality mohair of which 86% was RMS certified. The South African Rand traded weaker against the US Dollar amid recent developments in South Africa’s socio-political landscape and the strengthening of the US Dollar. Not all buyers competed actively during the sale with the two top makers purchasing 92% of the mohair sold. The market remains under pressure for the stronger segments due to weaker demand from China. The average market indicator closed at R 346.04/kg, which is 1% higher than the previous sale.


The highest BIN price on the OVK and Public auction:

A Good style BSFFK bale of 25.4 micron and with a clean yield of 89.9% was sold for R800.00/kg. The producers in this lot were: FJ du Toit, Ventersfontein Trust en Varsfontein Boerdery (PTY) LTD.


The highest Producer bale on the OVK auction:

Fred Colborne of FEC Farming (PTY) LTD from Willowmore sold a Superstyl CSFFK bale of 25.5 micron and with a clean yield of 93% for R912.00/kg. The buyer was Suedwolle.


MARKET OUTLOOK

The last sale of the winter season is scheduled for 8 December 2026


OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 50 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Vorige Verslae

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CC34...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CC33...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG/ WOOL MARKET REPORT CC32...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CC ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG/WOOL MARKET REPORT CC30...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG/WOOL MARKET REPORT CC29 ...


Lees Meer