MARKANALISE
Op wolveiling CF33 het die Cape Wools Merino-aanwyser onveranderd gebly en teen 'n skoon prys van R173.80/kg vir alle Merino-wol gesluit. Vir gesertifiseerde wol het dit met 0.3% gestyg en teen 'n skoon prys van R177.77/kg afgesluit. Op die OVK-veiling is 3373 bale aangebied, waarvan meer as 99% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK-veiling, R157.20/kg (skoon prys: R197.80/kg), is behaal vir 'n 1-baal-lot BFY van 18.6 mikron. Dit kom uit die skeersel van EP Klopper in die Adelaide-distrik.Die koper was G Modiano SA. Baie geluk met hierdie prestasie!
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 37.5 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARKET ANALYSES
On wool auction CF33 the Cape Wools Merino indicator remained unchanged and closed at a clean price of R173.80/kg for all Merino wool. For certified wool, it increased by 0.3% and closed at a clean price of R177.77/kg. On the OVK auction 3373 bales were offered, of which more than 99% was sold. The highest price on the OVK auction, of R157.20/kg (clean price: R197.80/kg), was achieved by EP Klopper from the Adelaide district for a 1-bale lot BFY of 18.6 micron. The buyer was G Modiano SA. Congratulations on this achievement!
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact the OVK Fibre offices in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Producers must also bear in mind that the OVK loyalty scheme awards farmers 37.5 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.
Kliek hier om die volle verslag te lees