SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W12 - 2025

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W12 - 2025

geplaas op 08:09 (GMT+2) Wo., 01 Okt. 2025

Wat ‘n ongelooflike lekker dag! OVK behaal ‘n nuwe seisoen rekord prys van R810.10/kg vir ‘n baal BSFFK van 24.5 mikron. Die produsent is MI Lord van Hofmeyr. Sy 3 duurste bale is verkoop vir onderskeidelik R760.0/kg, R780.10/kg en R810.10/kg. Die k

MARKANALISE

Die derde veiling van die 2025 winterseisoen het op 30 September 2025 plaasgevind, met ’n aanbod van 184 084 kg, waarvan 99% suksesvol van die hand gesit is.

’n Beduidende hoeveelheid bokhaar is aangebied wat bestaan het uit hoë gehalte skeersels. Van die totale aanbod was 84% RMS-gesertifiseer.

Die gemiddelde markaanwyser het met 8% gestyg in vergelyking met die vorige veiling en het gesluit op R342.48/kg. Alle kopershuise het aktief aan die veiling deelgeneem en dit was sigbaar in elke segment van die mark. Veral fyner skeersels, asook dié met goeie styl het heelwat aandag geniet.

Die hoogste prys van die dag, R810.10/kg, is behaal vir ’n baal 25 mikron goeie styl kleinbokkiehaar. Hierdie beklemtoon die premie wat kopers bereid is om te betaal vir top kwaliteit bokhaar.

Die hoogste Bin prys op OVK en openbare veiling:

OVK BINS het goed verkoop met ‘n hoogste prys van R750.10/kg vir ‘n baal BFFNK van 25.1 mikron. Die produsente in die BIN is: PM Lombard, MI Lord, Visser Boerdery Trust, Rensie van Rensburg Familie Trust, FJ du Toit, FJP Lötter, DE WET Boerdery, FC Reynecke, GC Holmes, DJ van de Vyver en AH Geldenhuis. VBC was die koper.

Die hoogste Produsente baal op die OVK veiling:

Wat ‘n ongelooflike lekker dag! OVK behaal ‘n nuwe seisoen rekord prys van R810.10/kg vir ‘n baal BSFFK van 24.5 mikron. Die produsent is MI Lord van Hofmeyr. Sy 3 duurste bale is verkoop vir onderskeidelik R760.00/kg,  R780.10/kg en R810.10/kg. Die koper was VBC.

Ons is trots op ons produsente en waardeer hul lojale ondersteuning.

MARKVOORUITSIGTE

Die vierde veiling van die 2025 winterseisoen vind plaas op 21 Oktober 2025. Pryse behoort steeds onder druk te wees. So berig Gerrit van Heerden, Bokhaar Bestuurder. Kontak hom by 082 854 8604.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings.  Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 35 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

 

MARKET ANALYSIS

The third sale of the 2025 winter season took place on 30 September 2025, with 184 084 kg on offer, of which 99% was sold.

A substantial volume of mohair was presented consisting of good quality clips. 84% of the offering was RMS certified, reflecting the industry’s continued commitment to sustainability.

The average market indicator closed at R342.48 /kg, representing an 8% increase on the previous sale. Strong support was evident across all categories, underpinned by the demand for fine and good style clips. All buyers competed actively during the sale.

The highest price of R810.10/kg was achieved for a bale of good style, 25 micron kid mohair, underscoring the premium buyers are willing to pay for top-quality fibre.   

Highest Bin Price at OVK and Public Auction: 

OVK BINs sold well, with the highest price reaching R750.10/kg for a BFFNK bale  of 25.1 micron, achieved by the following producers: PM Lombard, MI Lord, Visser Boerdery Trust, Rensie van Rensburg Familie Trust, FJ du Toit, FJP Lötter, DE WET Boerdery, FC Reynecke, GC Holmes, DJ van de Vyver en AH Geldenhuis. The buyer was VBC.

Highest Producer Bale at the OVK Auction: 

What an unbelievable day! OVK achieved another new season record price of R810.10/kg for a BSFFK bale of 24.5 micron. The producer is MI Lord of Hofmeyr. His 3 most expensive bales were sold for R760.00/kg, R780.10/kg and R810.10/kg respectively. The buyer was VBC.

We are proud of our producers and value their loyal support.

MARKET OUTLOOK

The fourth auction of the 2025 winter season will take place on October 21, 2025. Prices are expected to remain under pressure. So reports Gerrit van Heerden, Mohair Manager. Contact him on 082 854 8604.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 35 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende