MARKANALISE
Op wolveiling CG13 het die Cape Wools Merino-aanwyser met 1.5% gestyg en teen 'n skoon prys van R206.45/kg vir alle Merino-wol gesluit. Vir gesertifiseerde wol het dit met 1.0% gestyg en teen 'n skoon prys van R211.10/kg afgesluit. Op die OVK-veiling is 2649 bale aangebied, waarvan meer as 98% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK-veiling, R220.00/kg (skoon prys: R294.93/kg), is behaal vir 'n 1-baal-lot AUF van 14.8 mikron. Dit kom uit die skeersel van Diereproduksie Navorsing Trust in die Caledon-distrik. Die koper was Standard Wool SA. Baie geluk met hierdie prestasie!
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 37.5 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARKET ANALYSES
On wool auction CG13 the Cape Wools Merino indicator increased by 1.5% and closed at a clean price of R206.45/kg for all Merino wool. For certified wool, it increased by 1.0% and closed at a clean price of R211.10/kg. On the OVK auction 2649 bales were offered, of which more than 98% was sold. The highest price on the OVK auction, of R220.00/kg (clean price: R294.93/kg), was achieved by Diereproduksie Navorsings Trust from the Caledon district for a 1-bale lot AUF of 14.8 micron. The buyer was Standard Wool SA. Congratulations on this achievement!
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact the OVK Fibre offices in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Producers must also bear in mind that the OVK loyalty scheme awards farmers 37.5 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.