MARKANALISE
Op wolveiling CH01 het die Cape Wools Merino-aanwyser met 6.4% gedaal en teen 'n skoon prys van R253.46/kg vir alle Merino-wol gesluit. Vir gesertifiseerde wol het dit met 6.3% gedaal en teen 'n skoon prys van R260.52/kg afgesluit. Op die OVK-veiling is 2339 bale aangebied, waarvan meer as 99% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK-veiling, R250.00/kg (skoon prys: R325.44kg), is behaal vir 'n 2-baal-lot BBF van 17.7 mikron. Dit kom uit die skeersel van McNaughton Farming in die Graaff-Reinet distrik. Baie geluk met hierdie prestasie!
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 50 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARKET ANALYSES
On wool auction CH01 the Cape Wools Merino indicator decreased by 6.4% and closed at a clean price of R253.46/kg for all Merino wool. For certified wool, it decreased by 6.3% and closed at a clean price of R260.52/kg. On the OVK auction 2339 bales were offered, of which more than 99% was sold. The highest price on the OVK auction, of R250.00/kg (clean price: R325.44/kg), was achieved by McNaughton Farming from the Graaff-Reinet district for a 2-bale lot BBF of 17.7 micron. Congratulations on this achievement!
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact the OVK Fibre offices in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Producers must also bear in mind that the OVK loyalty scheme awards farmers 50 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.
Kliek hier om die volle verslag te lees