02_Produkte & Dienste

Lees Meer Oor Ons 02_Produkte & Dienste

Rol af vir meer inligting rakende:

-  Toyota: Spesiale Kennisgewing - COVID-19 Vlak 4 Regulasies

-  Black Ball: Topverkoper in die Oos-Vrystaat!

-  Produksie Vooruitsigte vir 2020/2021



4 Mei 2020


Geagte Toyota kliënt


Covid-19 Vlak 4 Regulasies


Die Toyota Handelaarskap in Ladybrand het volgens regulasies met besigheidsaktiwiteite begin en wil ons graag die volgende onder u aandag bring:

Die werkswinkel kan slegs aan voertuie aandag skenk indien u 'n goedgekeurde Vlak 4 noodsaaklike diens lewer soos 'n boer of koerier ens. U sal moet 'n bewys kan lewer, soos 'n permit.

U moet vooraf 'n afspraak maak deur 0511 923 4753 te skakel. GEEN VOERTUIG SAL HANTEER WORD SONDER 'N AFSPRAAK NIE!

U moet 'n gesigsmasker dra wanneer u die handelaarskap besoek.

Die fasiliteit, voertuie, meubels en gereedskap word gesaniteer en daar sal ook van u verwag word om u hande te steriliseer wanneer u die handelaarskap besoek.

Daar gaan van u verwag word om die minimum rond te beweeg, u sosiale afstand te hou tussen 1,5 tot 2m en u interaksie met personeel te beperk (vermy handdruk) wanneer u die handelaarskap besoek.


Ons sien uit om u as kliënt weer by ons te ontvang en wil u verseker dat u en ons personeel se veiligheid, Toyota Ladybrand se prioriteit is.


Groete

Leon Potgieter
Handelaarshoof



BLACK BALL – TOPVERKOPER IN DIE OOS-VRYSTAAT!

OVK se Tweespruit Meule voorsien bykans 30% van Lesotho se huishoudings van super mieliemeel. Hierdie Black Ball handelsmerk is ook een van die top mieliemeelverkopers in die Oos Vrystaat. Een van die redes waarom Black Ball Super Mieliemeel as top verkoper gereken word, is dat Tweespruit Meule hom roem op ‘n suiwer natuurlike super mieliemeel wat ‘n spierwit pap kook tesame met die puik diens wat saam met dit gepaard gaan.

Produkte wat gelewer word, is die volgende:

-  Super Wit Mieliemeel

-  Stampmielies

-  Stampmielie- en suikerboonmengsel




Ontmoet die OVK Versekeringspan



Produksie Vooruitsigte vir 2020/2021 Seisoen lyk belowend

Die reënval syfers vanaf September 2019 tot en met einde Januarie 2020 is tot dusver baie gunstig vir die somergewas gebiede. Onderstaande grafiek dui aan dat die reënvalsyfers van September 2019 tot en met einde Januarie 2020 baie in lyn is met die reënval syfers van September 2016 tot en met einde Januarie 2017.

As daar terug gekyk word na die 2017/2018 bemarking-seisoen wat gevolg het na die goeie reënval van 2016/2017 was dit ‘n rekord mielie-oes met ‘n totale produksie van 16.82 miljoen ton. Die totale hektare wat tydens die seisoen aangeplant was, was 2,628,600 hektaar wat ‘n gemiddelde opbrengs van 6.4 ton/ha opgelewer het.

Die eerste oppervlakskatting vir die komende 2020/2021 seisoen wat 29 Januarie 2020 gepubliseer was het aangedui dat daar nagenoeg 2,535,300 hektaar mielies aangeplant is.

Indien dit vergelyk word met die opbrengste van die 2017/2018 bemarking seisoen van 6.4 ton per hektaar is daar ‘n moontlikheid vir ‘n oes van nagenoeg 16.23 miljoen ton.

Daar is egter ook ‘n verwagting dat daar selfs meer hektare mielies aangeplant was as die 2,535,300 hektaar.

Soos toestande huidiglik staan, is daar ‘n moontlikheid dat daar ‘n oorskot produskie kan wees indien toestande voortduur in Februarie en Maart 2020

Indien dit die geval sou wees, sal die surplus voorraad uitgevoer moet word. Dit sal pryse onder druk plaas en pryse sal neig na uitvoer pariteit toe.


Reenvalsyfers per streek:


Nuuste nuus en gebeure/Latest news and events


Nuuste nuus en gebeure/Latest news and events

Lees Meer

Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Junie 2025
OVK Nuus Junie 2025
Adverteer Hier Lees Meer