Verbind tot uitstekende diens.
Meganisasie
OVK Meganisasie bied ‘n volledige reeks nuwe en gebruikte meganisasie toerusting, ondersteuningsdienste wat onderdele en werkswinkels asook presisietoerusting insluit.
OVK is die verspreider van Massey Ferguson- en Challengerprodukte in die Oos Vrystaat, Noord- en Oos Kaap met bedryfspunte in Bethlehem, Ficksburg, Clocolan, Ladybrand, Hopetown en Cradock. OVK is ook ‘n verspreider vir Claasprodukte in die Noord- en Oos Kaap met bedryfspunte in Hopetown en Cradock. OVK bied ook ‘n wye reeks bekende handelsmerk-implemente vir die boer binne ons gebied.