MARKANALISE
Op wolveiling CG06 het die Cape Wools Merino-aanwyser met 10.7% gestyg en teen 'n skoon prys van R218.64/kg vir alle Merino-wol gesluit. Vir gesertifiseerde wol het dit met 11.0% gestyg en teen 'n skoon prys van R224.88/kg afgesluit. Op die OVK-veiling is 2098 bale aangebied, waarvan meer as 96% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK-veiling, R222.10/kg (skoon prys: R293.59/kg), is behaal vir 'n 1-baal-lot CL van 15.9 mikron. Dit kom uit die skeersel van GFJ Viljoen Familie Trust in die Richmond-distrik.Die koper was Standard Wool SA. Baie geluk met hierdie prestasie!
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 37.5 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARKET ANALYSES
On wool auction CG06 the Cape Wools Merino indicator increased by 10.7% and closed at a clean price of R218.64/kg for all Merino wool. For certified wool, it increased by 11.0% and closed at a clean price of R224.88/kg. On the OVK auction 2098 bales were offered, of which more than 96% was sold. The highest price on the OVK auction, of R222.10/kg (clean price: R293.59/kg), was achieved by GFJ Viljoen Familie Trust from the Richmond district for a 1-bale lot CL of 15.9 micron. The buyer was Standard Wool SA. Congratulations on this achievement!
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact the OVK Fibre offices in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Producers must also bear in mind that the OVK loyalty scheme awards farmers 37.5 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.
Kliek hier om die volle verslag te lees